Monday, 17 November 2014

instinctive construction

the head whirls in the dry guitar’s tight rhythms of
the red hot chili peppers
this is the only sound i can think of
to warm me and this house
the cold sits in the middle of november
the chilly wind blows
through the subway of my bones
i hear it is snowing in the cape
i brave it outside
and
lie under pine-trees
to see how the weavers
plait their nests in this wild wind
and through the seeming challenge
of this instinctive construction of shelter
and laying-of-eggs
they chirp and chirp
endlessly in conversation with each other
in
their energetic yellow-winged survival

and the chilis break through the speakers
with their popular tunes
you are frying chillies and cauliflower
in coriander and garlic
the windows sweat from inside
all the blankets are lying like loyal dogs around my legs
the wind has gone to rest
my fingers itch to capture the sound-dreams
may i break free from limiting patterns
even to improvise outside
the familiar paradigm
ah open sky and fire sparks
make my head
and
skeleton
and
fingers
and
teeth
and
eyes
glide along paths
just off the grooved track
please!

and the chilis captures the freneticism so ingeniously
neat-verbally so perfectly constructed
we are all children of our times
even if we live in the countryside
with so much information of the big industries
that lust for control and just does not realize
what injury they are doing to the world’s soul
all this encroachment of metal and plastic
and acceleration of production
makes us insane
may the lunacy not infiltrate
the veld
the cow udders
the innocent trees
and
fruits
and
vegetables that
only want to happily grow their grow!
ah jesus may the flowers
the last wild
and
forests
the stones
and
mountains
remain untouched and unharmed
may the wind blow away
all the injustice
exploitation
and
desecration

* * *

instinktiewe konstruksie

die kop draai in die droë kitaar se hegte ritmes van
die red hot chili peppers
dit is al klanke wat ek nou aan kan dink
om my en die huis warm te maak
die koue sit in die middel van november
in die tonnels van my beendere
kom waai die kille wind
ek hoor dit sneeu in die kaap
ek waag dit buite
en
lê onder dennebome
om te kyk hoe vinke in woeste wind
hulle neste aanmekaar weef
en deur die blykbare uitdaging
van hierdie instinktiewe konstruksie van skuiling
en eiers-lê
word daar getjirp en tjirp
eindeloos in gesprek met mekaar
in
hulle eie energieke geelvlerk-voortbestaan

en die chilis breek nog met hulle bekende tunes
deur die speakers
jy braai self chillies en blomkool
in koljander en knoffel
die vensters sweet van binne
al die komberse lê soos getroue honde om my bene
die wind het gaan lê
my vingers jeuk om die klank-drome vas te vang
kan ek losbreek van beperkende patrone
selfs om te kan improviseer buite
die bekende patroonmatigheid
ag ope lug en vuur vonke
maak my kop
en
skelet
en
vingers
en
tande
en
oë
gly op paaie
net ietwat skuins af van die uitgetrapte baan
asseblief!

en die chilis vang meer en meer die frenetika so briljant vas
netjies verbaal so perfek gekonstrueer
is ons almal kinders van ons tyd
al leef ons op die platteland
met so baie informasie oor die groot industrieë
wat alle mag begeer en fok weet net nie besef
watter skade hulle aan die wêreldsiel doen nie
die omringing deur metaal en plastiek
en versnelling van produksie
maak ons van ons koppe af
mag die waansin wegbly van die velde
die koei-uiers
die onskuldige bome
en
vrugte
en
groente wat 
net doodluiters hulle eie groei wil groei!
ag jirre mag die blomme
die laaste wild
en
woude
die klippe
en
berge
onaangeraak en ongeskaad bly
mag die wind al die onreg
uitbuiting
en 
ontheiliging
wegwaai

Saturday, 15 November 2014

niks minder

my woord soek groteske stellasies
imposante kostuums
primitiewe danspassies
wat skaamteloos
uitgebulder word

in helderste kleure
magtigste woord
natuurlikste lyf

wil ek myself aan die wêreld blootstel

in niks
niks
minder

Friday, 14 November 2014

die alles en die niks

ek pyl my oё op alles om my
probeer elke objek
kleur
lyn
simbolika
in hierdie blitsige oomblik van 
kreasie vas te vang
kan ek die betekenis van dit alles begryp
en so ook die betekenis van die niks 

hoe lig 
en 
veervoetig 
voel ek
wanneer die alles en die niks
so ewewigtig langs mekaar
in my een kop 
kan 
hang

Thursday, 13 November 2014

bek-kering

gooi ek myself voor
die opper-digterlike-priester
soen ek sy voete in 
my smekendste bid-uur
ootmoedig staan ek op met 
my      arms      en      bek      wyd      oop
en stuur my geloof van 
my innigste versmatige oortuiging
ver           en           wyd
die eter in
mag ons almal
tot
bek-kering
kom

Wednesday, 12 November 2014

love loves and unloves me

it is your piercing love that i want
a love that holds so tight
it frightens me
it exhilarates me
that is the love i want
what is life without those moments where i gasp for air
those spells of
suffocation
suppression
and
disempowerment?
it all teaches me to truly feel the thrill of freedom
willpower
and spontaneity

i pant and i pant for air
in the lovemaking with you
your thrusting love
is what i want
shaking
and
stirring
me to my inner core
love fragments and defragments me a hundred times in one breath
screws and unscrews me

love loves and unloves me

in the fear of losing love
and hurting from and through it
i become dauntless and fearless
the enigmatic way in which love thrives
makes the heart keep wanting it
makes the heart keep on giving it

i pant and i pant for air
in the lovemaking with you
your thrusting love
is what i want
shaking
and
stirring
me to my inner core
love fragments and defragments me a hundred times in one breath
screws and unscrews me

love loves and unloves me

Friday, 7 November 2014

goddelike polsering

mag ek die oer-pols
diep in my borskas weer voel
daai pols wat my voete in sy mag neem
en my pas vervorm tot 
die wilde dans van diep-versonke ritmes
annekseer my kop met 
die onbedwingbare hartslag van die aardkors
neem my ledemate oor met 
die veelvuldige trom-patrone
kolonialiseer my hart met 
die onverskrokke polsslae van
'n diep-egte menslikheid
evangeliseer my ore met 
die goddelike polsering vasgevang in 
die meedoënlose stukrag van 
die dierlike oorlewingsdrang
hervorm my skelet met die aansteeklike dryfkrag van
hierdie onstuitbare maatslag
daar móét meer en beter woorde wees vir pols
palpiteer
klop
golf
tril
bons
‘n woord wat hierdie onblusbare 
dwa dwa 
in my sielsbrein
kan vergestalt
en
verpolseer

Thursday, 6 November 2014

hoe dig 'n mens vanuit die denklose plek?

in die middel van die groot hout-stoep
sit ek kiertsregop met my woordtong
en spin sagter en meer trillend as
‘n kat agter my woorde aan
die damwater nies nog agter my ore
die slik en lelies sit taai in die waai van my bene
van al die geskuifel in die holte van die roeiboot en
die wilde stekelrige waterblare
jeuk my boudvelle onbegrensd

die silhouette van berge skryf die mooiste strofes
hier voor my sit simonsberg jonkershoekberg en die helderberg

die honde hang om die mense se voete
die krieke begin hulle swart klewings aan
die skemer te smeer

hoe dig 'n mens vanuit die denklose plek
daar waar dit net suiwer spontane metafoor is 
wat roekeloos uit die keelgat lek
en in filigraan lettergrepe
soos stalaktiete in oorbuise drup?

‘n  hond se tong smeer oor my kuit

die skemer raak stiller
die berge hang in hulle geruislose dreuning
en 
die hadeda versuim om
sy keelvolle gewoontes uit te druk

dankie god ek is weer lewen-dig!
ek is vry
ek is vreedsaam 
en voldoende gelukkig
my ledemate het weer die dans geproe
my vingers juig oor klawers
en 
my binnenstes kniel eerwaardig voor die liefde

my hart en tong hou net-net
tog
volwaardig
by
blydskap lewe met sterk vlerke in die lug
diegene nie op aandag
mis dalk sy verruklike vlug

Tuesday, 4 November 2014

in-tel-lig-gent

die kern-woord in intelligent
wat my toet-taal aanstaan
is

lig

dit is wat
belangrik is:
hoeveel ‘n mens
die lig in die hart
die lig in die brein
die lig in die lyf
en
die lig in die woord
kan laat

tel

Saturday, 1 November 2014

vigil

man
woman
steps into
elemental energy
with our hands
and our hearts
open
we send gifts
to each other
firestarting
each other's
breaths
into
wakefulness
with the
moon's ripening
the trust dawned
that there is
a power
holding
this
togetherness
over
unfathomable
distances
it makes me
wild and
wondrous
this state we call
love -
this unknown known
carves my limbs
my ribs
my breasts
my heart
my mouth
and tongue
with
light
this love for you
has become
magic ritual ground
where I become
more and more
alive
with the
awareness of
 you -
  man
and
  muse
come unrest
come peace
in fire
in river
i am
with
for
and
because
of
this
love

Friday, 31 October 2014

verskil

uit die onderonsie wat tussen
die blaaie losbreek
los 'n wolk stof in my oё op
nou is ek nog meer in
die duister waaroor ek
moet skryf
tussen die getaksidermifiseerde volstruispoot,
teelepels, gloeilampe, strooimatte, perdekoppe,
honde in lang swart jasse en gapende luiperde
wonder ek vanwaar gaan my sin kom?
ek kyk tussen die bak appels en perskes
net muggies
niks meer
ek skakel die ligskakelaar aan
dalk sien ek beter
al wat blinker blink is poot van volstruis
in die tweetalige woordeboek het die stof gaan lê
lyk my die woorde het vrede gemaak met
die verskille wat nog so fel
tussen hulle lê

Thursday, 30 October 2014

hol eggo

ek tuur uit al die vensters
bang vir die donker man
maar altyd in die hoop dat dit
jy sal wees wat kom
en die stil holtes in my ore
weer vol sal sing

as jy weg is voel my mond soos ‘n hol eggo
wat ‘n afskuwelike verdoemenis
om met ‘n hol mond rond te loop
net my gesug eggo oor en oor daar binne
net my kreune wat verlore raak
in die donker grot van my keel

ek tuur uit al die vensters
bang vir die donker man
maar altyd in die hoop dat dit
jy sal wees wat kom
en die stil holtes in my ore
weer vol sal sing

ek bly skryf net sodat 
die mantras en inkantasies
van my sillabes my aan die slaap kan sus
en vrede in my hart plant
skryf ek net om die swart stilte
van die verblindende wit te breek

ek tuur uit al die vensters
bang vir die donker man
maar altyd in die hoop dat dit
jy sal wees wat kom
en die stil holtes in my ore
weer vol sal sing

Wednesday, 29 October 2014

word ek soos 'n dier

word ek soos 'n dier
raak al my herinneringe een poel
wat val in vergetelheid
eenvoudig soos 'n dier
hou nie gesprek met mense nie
slurp my kos op voor enige iemand
eens begin eet het
is ek soos 'n dier gestroop van gekunsteldheid
wil ek nie verfynd en beskaafd wees nie
wil ek nie groet 
wil ek nie vrae antwoord
wil ek geen sinmakende woord laat loop oor my tong nie
wil ek nie die normale proses van mens-werk en mens-leef veragsaam nie
word 
ek 
eenvoudig
soos 
'n 
dier

Tuesday, 28 October 2014

we are too weighed down by our ideas and our minds

we are too weighed down by our ideas 
our minds
our wants
our ideals
our habits and our fears 
our shames and our sighs

our minds are heavy
look how we all walk with our heads
trailing like heavy baggage behind us
they just can not keep upright anymore
all these orthopaedic concerns are because of
our heavy heads
i am surprised they have not exploded yet
thanks to all our smartphones, laptops and tablets
they carry a part of the great heaviness
of too many ideas
what would we have done if we could not steer
the overflow into these metal brains?
maybe because we have these metal brains
our fleshy brains just keep on churning the thinking
the computing
the inventing
continual stimulation between inorganic and organic matter

fuck this!
arch out our backs
lift our heads
and shake all the heaviness out
be light and empty 
feel the air move between our ribs
our diaphragms
and every cell
feel our feet 
losing touch with the earth
start to rise
and float to the lightness of the clouds

Monday, 27 October 2014

naelloop

ek kom met die trappe afgenael
ek kan nie wag om by die wit skerm en
die swart woord uit te kom nie
dis asof hulle my soos honger babas
roep dat ek hulle moet kom kos gee
abba
streel en
sus

Saturday, 25 October 2014

ek moet my kop op 'n daaglikse basis vertaal

ek moet my kop op 'n daaglikse basis vertaal
my selle genereer 'n taal wat ek nie kan verstaan nie
ek maak voorbrande al om my siel, my hart, my kop
om enige moontlike wegholbrande te keer
ek pak klippe in die vuur
en druk hulle styf in
die koue holtes van my hart
ek weier om te vries
mag ek die vaardigheid hê om
die aarde se fiaskos aan die kamferboom vas te maak
en myself daarna te sus met
al die kaste se wolkomberse

Friday, 24 October 2014

klou en wag


ek lê in die bed met 
‘n pen vasgeklem in my hand
en ‘n papier gekrater onder my elmboog
wagtend dat my drome heel moontlik
die pen sal vat en
die nag se poësie sal 
neerskryf in die hoop dat
die griffels die weg sal wys
en die rigting sal skryf binne-in
die stuk wit wat die kaart 
van my kreatiewe lewe sal uitlê

miskien
sal die swart rots
blink
in die reën en son
en tekens
sal die toekoms
helder in my oë
flikker

ek het geen probleem om te wag

pen in hand

‘n stille krag

Sunday, 12 October 2014

we touch right to the nerve

we touch right to the nerve
of each other’s bodies
we do it without cutting open
or seeing blood
we feel each other right to the marrow of the bone
we rock each other to our most neurological core
be kind in my deeds and words
it might be intangible and unseen 
but one rough word or unchecked gesture
can cut where more than blood will bleed

Friday, 10 October 2014

poëtika en pyn

               vir my pa, louis

met jou het ek ‘n selfoongesprek oor soprane
seer skouers 
warm water sakke
blokke ys
oudword en eensaamheid
en moenie vergeet
die nagtelike koninginne
en dit alles deur wisselvallige opvangs

tog 

deur die helder oomblikke
reis daar oor die dun en onsigbare lengte van die selfoonlyn
soveel poëtika en pyn