Saturday 27 July 2013

Gaan sit eenvoudig op jou gat en skryf!

Hou op om met jou kop in die lug rond te dryf!
Gaan sit eenvoudig op jou gat en skryf
Dit is nie so moeilik om die pen op te lig - 
vir wat wil jy voor die daad van skryf dan so swig?

Hierdie alewige ge-uhm en ah-ery 
moet nou onmiddellik 'n einde kry!
Hoekom is dit hierdie nimmereindigende gewroeg?
Dit maak net jou siel en kop onnodiglik moeg.

Ja, komaan, hou op om met jou kop in die lug rond te dryf!
Gaan sit eenvoudig op jou gat en skryf
Ja, JA, dit is wat ek doen, fokkin elke dag,
maar die woorde doen fokkol, sit net vir my en lag.

Ek staan op my hande om die wêreld andersom te bekyk,
dalk sal dit die woorde amuseer en hulle ook beter laat lyk
Ag jirre in die jimmel, hoor my weenklaag!
Hierdie stagnerende gesukkel is nou lankal te moer in afgesaag!

Dit is nou die tyd om die woorde aan die strot beet te kry
en aan te dring dat hulle ophou om jou so om die bos te ly.
Selfs beter, gaan sit op jou gat en kerf hulle neer - 
dit is al hoe hulle EN jy sal leer!

No comments:

Post a Comment