Wednesday 24 July 2013

'n plek waar slegs die wit motte uit my mond vlieg

in die witste oomblik van my kop
wil ek insweef en myself vir 'n wyle daar inburger
daai witste wit van plekke
waar sin en woord nie 'n sê het nie

dis al wat ek soek  -
'n suiwer oer-plek 
waar ek tot 
die eindes van 
die heelal
kan sien
en dit nie 
nood-wend-dig 
hoef 
te poëtiseer nie

'n plek waar slegs 
die wit motte
uit 
my 
mond
vlieg

No comments:

Post a Comment