Monday 28 July 2014

geloof van die poësie

terwyl die oggende hul koffie drink
raak my hart aan't palpiteer met die afwagting van
die koms van die Groot Gedig

terwyl babas huil en mense doeke omdraai
tob ek oor die volgende lyn van
digkuns wat ek gaan skryf

terwyl mense die wêreldstreke wil oorneem
kook ek die woorde in my pot tot
in die essensie van die sin daarvan

terwyl kinders in skoolbanke kriewel
leer ek myself om
van hierdie beperkte woordeskat stukkies kuns te maak

terwyl die riool hard pomp aan die wêreld se kak
sif ek deur my eie kak opsoek na die goue lyn wat
my met die sentrum van die kreatiewe gode sal verbind

terwyl die wêreld se lug en grondweë verstrik raak deur wiel, vlerk en rook
ontknoop ek my eie strikke om helderdenkend tot by
die vibrerende bron te kom van die mooiste metafoor

terwyl mense die aand toeryg met diep slapende asems
vou ek my skedel en hartsvlees styf om 
die geloof van die poësie

1 comment: