Friday 10 April 2015

kleef

die lewe kleef met al sy indringerigheid
al om my asemhaling
ek hardloop my lam
deur soet, taai en steek woude
die adrenalien jaag deur my are
ek draai al om en om
wonderend of die rigting waarin ek invlieg
die regte ene is
my hart wil nie ophou klop
dit probeer met al sy spierkrag
al die smart uit my hart te pomp
maar niks wil werk nie
al wat uitkom is die hoes uit my bors
wat die newelrigheid van my bewolkte siel vertolk
ek knoop my tong so styf as wat ek kan
waarvan die hart vol is
moet my mond nie van oorloop

No comments:

Post a Comment