Wednesday 29 April 2015

vat ek hierdie veranderende gesig van my vas

hierdie gesig wat van dag tot dag 
haar eie wispelturigheid volg
ek het geen houvas op dit wat 
die hoeke en kontoere en lyne 
van hierdie gesig bepaal nie
geen kamera spieël waterpoel of venster-weerkaatsing
stem ooreen met die gevoel 
van hierdie gesig nie
ek dink, nóú, gaan ek hierdie veranderende gesig van my vasvat
dan glip sy deur my vingers
en lag sy vir my narcissistiese wil om skoonheidsbeheer!

No comments:

Post a Comment