Thursday 20 August 2015

colour red

die hond hardloop deur die strate
tot in die katedraal
akoesties is die toneel treffend
my dog ran away
resoneer deur Gods-hof

Rita die hond moet besluit
tussen bitter man
en mooi vrou
die Franse se doodluiterse dialoog
i want nothing
then stop breathing
good idea

spioeneer op die bure se telefoongesprekke
hy gooi die kookwater sekuur
vanuit die ketel op die vloer
skiet sy kruisband teen sy bors

                ek hoor die sluk in haar slukpyp

wat ‘n mens weet van ander mense  en reageer
of nie reageer

hy was ‘n regter en fel geen oordeel meer
hy druk die pen stukkend teen die papier
kougom sit vas in die slot
hy wil nie glo wat sy sê
dring aan op sy suspisie

oorfone hang met opera-sillabes in die lug
die bitterheid los op met
die geboorte van sewe hondjies
al wat hy soek is skadelose geselskap

in die skuldige oomblik brand die gloeilamp uit

No comments:

Post a Comment