Tuesday 18 August 2015

diep daar onder is ek jy

diep daar onder is ek jy
en jy ek
die goue lyn wat ons bind
is sterker as spierkrag
magtiger as kopkrag
dit is nie verbeelding dat
diep daar onder jy ek is
en ek jy
die lyne wat ons bloed teken
skryf in ‘n taal
wat poësie uit ons are laat straal

diep daar onder
hoef ons nie te praat
hoef ons nie te sien
diep daar onder is ons nie normaal
maar wel bo-normaal
ja, daar ver onder
is ons suiwer mens
suiwer siel

soms neem dit 'n diep sny
om diep te tref
en tot by die essensie te kom
die diepte maak my o so hartstogtelik huil
want die diepte is so 'n raar ding
ons skroom,
kry skaam
vir daardie diepte

daar is geen keuse
die diepte is daar
om in te staan
en te groei
dieper en dieper
hoe sterk ookal die winde teen my waai
ek sal my grond bly staan

diep daar onder is ek jy
en jy ek
die goue lyn wat ons bind
is sterker as spierkrag
magtiger as kopkrag
dit is nie verbeelding dat
diep daar onder jy ek is
en ek jy
die lyne wat ons bloed teken
skryf in ‘n taal
wat poësie uit ons are laat straal

No comments:

Post a Comment