Friday 7 August 2015

tragikomedie

ek wil die humor van 
hierdie penarie waarin ek 
verstrengel is uitsif
ek voel strak en styf
so verkrimp en onvry 
iewers moet ek 
die moedswilligheid van
my gemoedere in 
‘n komedie vasvang
daar is niks so snaaks soos oor-ernstigheid

tog is daar niks so tragies soos self-inkerkering

No comments:

Post a Comment