Thursday 13 August 2015

digter-digter

ek speel met die tikbord
heen en weer rankskik ek 
die letters en woorde agtermekaar
ek wil hierdie spel bemeester
in die hoop dat die gedigte
die apoteose van
verheerlikende kuns sal bereik
sodat ek kan glo ek kan
digter-digter met oortuiging speel

No comments:

Post a Comment