Tuesday 11 August 2015

vandag is die begin

vandag is die begin van
die res van my digterslewe
slyp my pen
rol my tong om en om
diep asems in en uit
al my sintuie op aandag
sluk die suurlemoenwater met
oordrewe peristalse
vat aan my nek
druk my hand warm en styf om
my slukpyp
voel die beurende lus van
die verborge woorde
smagtend om uit te breek en
die wêreld in te vaar

No comments:

Post a Comment