Wednesday 5 August 2015

sy weet woorde is nie genoeg

sy weet woorde is nie genoeg om
haar te red
maar tog bly sy aanhou 
beelde, metafore en belewenisse
vas te vang in digterlike swier
die verse is haar net
sy kan so hoog en so ver spring as wat sy wil
tog weet sy haar woorde sal haar met die val
weer vang
‘n veilige heenkome
waarheen sy altyd sal terugkeer

No comments:

Post a Comment