Wednesday 19 August 2015

oer-sprong

ek het niks nuuts om te sê nie
moet ek dan net ‘n spieël wees wat ‘n honderd ander spieëls reflekteer ad infinitum?
‘n kwakende padda wat al die ander kwakendes nakwaak?
‘n pappegaai wat briljant is met na-praat?
‘n krans of grot wat kop-en lyfloos
net agterna eggo eggo  eggo                      eggo                                      
en niks oorspronklik vanuit sy eie diep binnekant kan sê nie?
god weet, ek wil die stem wees en nie die eggo nie!
ek wil die bemagtiging van voorloop en vryheid weer voel
die swier van eie krag
laat ek altyd op die punte van my tone wees
op die punt van my tong
en gereed om in
die oer-sprong-likheid van
die Woord
te spring

No comments:

Post a Comment