Wednesday 3 July 2013

o gaats, ons digter het skrywersblok!

sy het by al die blaaie in die woordeboek gebedel
opsoek na daardie ontwykende woord
kruip dit weg in die donkerste hoek van haar skedel?
o fok, dit maak haar verboureerd en o so verstoord!

sy soek hier, sy soek daar, onder en bo, agter en voor
sy't nooit gedink dat sy haar sinne op hierdie manier sou verloor!
haar asem is vlak, haar voorkop die sweet
en haar hart het 'n paniekerige polsslag beet

wat moet sy doen om die woorde te wen?
verseker nie met die grandste bôlpoint pen
wat moet sy maak om die letters te oortuig
dat sy nou moeg is om voor hulle neer te buig?

is daar iewers 'n geheime resep wat haar kan vertel
hoe sy dit eenvoudig in woorde kan stel?
sy smeek dat die muses haar sal aanhoor
en hierdie aaklige lyding weg sal toor!

1 comment:

  1. ars poetica par excellence, nogal met atipiese gedwonge rymelary :)

    ReplyDelete