Saturday 2 July 2011

The poetry of photography

I partook in a multi-media collaboration Op het Punt van aanraken with Spanish-Dutch photographer, Carmen Gonzalez and music improviser, Francois le Roux (The Ha!Man) at the Het Podium theatre, The Netherlands, 2009. The theme explored aanraken ie touch on a sensual, erotic and spiritual level.
Initially Carmen sent me her photographs and I started adding poetry to them; soon a beautiful dialogue between image and word unfolded. The photos were projected onto a big screen on the back of the stage, while I performed around the images and Francois' evocative music - quite a theatrical experience! 
View more of Carmen's hauntingly beautiful photographs http://www.flickr.com/photos/solea/
Here are six (of the 36) photographs>


spelonk

my lyf lê soos ‘n oop poel
kom klim met jou kale lyf binne my
laat ek weer my elke bloeddruppel voel
met jou vlees wat deur my water spelonk sny



 swart vlinder

jy is die swart vlinder wat
op my lippe kom land
ek kan skaars asemhaal
met jou fluweel vlerke
wat teatraal my
mond annekseer


verdwaalde skadu-wese

die verdwaalde skadu-wesens in die dig-geslote vertrek
verlang na die warmte tussen jou bo-bene
smag na die soele gehyg van jou asem
hunker na die bloed wat so vlak op
die vel in duisende digte takke tril

die skadu-wesens begeer die warm aanraking van jou vel
honger na die driedimensionaliteit van jou kniekoppe
kwyl oor jou polsende borste
en wil weer gevind raak in die donker holtes
van jou lyf


drinkezusters

wellustig is die aanraking van tong
teen die koel drup drup van sensualiteit
drup drup langs die wande van my mond
deur die gange van my keel tot
onder waar dit in die warm holte
van my oop lyf uitstort
en weer van voor begin

wellustig is die aanraking van been
teen hand vryf die erotika
vryf oor die binnewaaie van my been
langs die dye van my onrus tot
daar waar dit hygend tot stotterende
sillabes vanuit my lippe
aarde toe val

wellustig is die aanraking van hitte teen hitte
golwend en botsend teen mekaar
en deurmekaar tot sweet uitpêrel op vel
en stringe van my
en stringe van jou aanmekaar ryg
en dorstige monde tonge uitwerp opsoek na
daardie eerste druppel van versadiging


bitch

sal jy my nog aanraak as
ek die kop van 'n hond het
en die lyf van 'n vrou?


 

 
boudoir

kyk maar moenie raak
wil hê maar moenie raak
reik uit maar moenie raak
begeer maar moenie raak
hunker na maar moenie raak
honger maar moenie raak
dors maar moenie raak
kwyl maar moenie raak
wellus maar moenie raak

1 comment: