Monday 23 March 2015

Babel-aas

Tussendeur die skryf van nuwe gedigte, her-besoek ek so dan en wan die gedigte wat uit my pen gevloei het van jare terug. Hier is een wat ek altyd geniet om te lees - uit die jaar 2008 <

en wat sal gebeur
met my tong as ek in tien tale praat?

knoop verdwaal verdronk
sal my tong word?

woord is stuk aas wat ek aan die visstokpunt
van my tong haak

gooi ek my tong in
die waters van tientalle tale

vang ek
afrikaans sotho
xhosa engels
frans duits
italiaans zoeloe
hollands spaans

skree brei bid smeek lek rol
ek elk lettergreep

en word
my tong
Babel-aas

No comments:

Post a Comment