Thursday 19 March 2015

kern van versuiming

in die wolke
berge en
wind van die kaapse dae
vertrek die drome in my rug op vlugte van
ongegrendelde uitbuiting
van my sanity

wat is die afrikaanse woord vir sanity?
saniteit?
onmalheid?
gesondheid-van-verstand-en-gees?
hoekom is daar nie ‘n ordentlike kragtige en
direkte antoniem vir malheid in afrikaans nie?
ons afrikaanstaliges ken seker ook die teenoorgestelde van malheid?
of nie?

ek gee nie om om van my verstand te wees
en mal genoem te word nie
een malheid wat ek wel nie kan verduur nie
is wanneer mense my van my kop af praat met hulle
verbale diarree
oneindige babbelsug
ongeeweneaarde praatsiekte
albei my oë raak wasig
my ore verstar en
my borskas verstrak
in die waakloosheid van hulle monde gaan hulle
op trips en rollercoasters van hulle
bewussynlose en briljant monopoliserende monoloë

mense wil gehoor word
so moenie die hel in word nie lara
hulle het stories om te vertel
maar jirre kan hulle nie vir paar asemsblikke net stil wees
stilte is wonderlik vir die brein
die siel
die spasie
en
vir my ore

ek smeek vir ‘n bietjie stilte
waarin ek net kan staar tot in die kern van versuiming
breine en monde is hele-mal te ooraktief
ek smeek
ek smeek
maak hulle stil
maak hulle stil

No comments:

Post a Comment