Monday, 7 September 2015

scowl

let me pull an honest scowl 
rather than a hypocritical smile

Thursday, 3 September 2015

in die geselskap van die wysgieriges

in die geselskap van die wysgieriges
die rigtingaanwysers
die sielverrykers
die spekuleerders
kyk ek in elk van julle se oë
probeer pyl wat julle sien
wat julle dryf in hierdie rigting
sien ek baie passies

kyk julle in mý oë
en soek ook iets
in my

al wat ek kan gee
is liefde
fokkin baie liefde
ek wil net lief wees vir julle
nie omdat want hoekom nie
net
lief
wees
vir
julle

Wednesday, 2 September 2015

en in die nag het ons ledemate mekaar gevind

en in die nag het ons ledemate mekaar gevind
by mekaar se voete het ons begin
en deur komberse klere en hare
het ons geprogesseer na
ons sagter en natter dele
die aanraking was soet
die ontdekkingsreis oor vel-landskappe het
my diep laat sug van
my hart wat so lekkerkry

deur die hunkering na leerkenning
deur die borrels van fassinasie en
bewondering van jou liewendheid
is dit dit:
die begeerte om onder die vel van
jou te kom
ek kan nie aan die abstraksie van jou vat nie
ek kan wel aan die waarheid van jou vel vat

Thursday, 27 August 2015

dit is elke keer begin by die begin

dit is elke keer begin by die begin
die blanke vlak wat elke keer
niksseggend my kreatiewe oorlewing uitdaag

is staar genoeg?

ek balanseer die pen op die toppe van my vingers
ek staar diep binne
hierdie  breindoodse verwyling
van tyd

Wednesday, 26 August 2015

ring ring ring in the sound

ring ring ring in the sound
make my skin quiver relentlessly
soothe the hard edges around my heart

ring ring ring in the sound
bring me to the heart of the harmony
where i shall find the answer to this

ring ring ring in the sound
lay the resonance on my skull
and sing into my mind

ring ring ring in the sound
oh how my heart trembles with delight
bring bring bring out the tears

i wish for bells,
birds' throats,
wind through grass
and soft satisfied sighing

i wish for silence too
for it rings in the perfect cadence
after all of this

Monday, 24 August 2015

soos naels

die poësie groei stadig en geduldig
soos naels

en soos naels is poësie daar
om die jeuk te krap

en al gaan die lyf dood
die naels bly groei

like nails

poetry grows slow and patiently
like nails

and like nails poetry is there
to scratch the itch

and even when the body dies
the nails keep on growing

Thursday, 20 August 2015

colour red

die hond hardloop deur die strate
tot in die katedraal
akoesties is die toneel treffend
my dog ran away
resoneer deur Gods-hof

Rita die hond moet besluit
tussen bitter man
en mooi vrou
die Franse se doodluiterse dialoog
i want nothing
then stop breathing
good idea

spioeneer op die bure se telefoongesprekke
hy gooi die kookwater sekuur
vanuit die ketel op die vloer
skiet sy kruisband teen sy bors

                ek hoor die sluk in haar slukpyp

wat ‘n mens weet van ander mense  en reageer
of nie reageer

hy was ‘n regter en fel geen oordeel meer
hy druk die pen stukkend teen die papier
kougom sit vas in die slot
hy wil nie glo wat sy sê
dring aan op sy suspisie

oorfone hang met opera-sillabes in die lug
die bitterheid los op met
die geboorte van sewe hondjies
al wat hy soek is skadelose geselskap

in die skuldige oomblik brand die gloeilamp uit

Wednesday, 19 August 2015

oer-sprong

ek het niks nuuts om te sê nie
moet ek dan net ‘n spieël wees wat ‘n honderd ander spieëls reflekteer ad infinitum?
‘n kwakende padda wat al die ander kwakendes nakwaak?
‘n pappegaai wat briljant is met na-praat?
‘n krans of grot wat kop-en lyfloos
net agterna eggo eggo  eggo                      eggo                                      
en niks oorspronklik vanuit sy eie diep binnekant kan sê nie?
god weet, ek wil die stem wees en nie die eggo nie!
ek wil die bemagtiging van voorloop en vryheid weer voel
die swier van eie krag
laat ek altyd op die punte van my tone wees
op die punt van my tong
en gereed om in
die oer-sprong-likheid van
die Woord
te spring

Tuesday, 18 August 2015

diep daar onder is ek jy

diep daar onder is ek jy
en jy ek
die goue lyn wat ons bind
is sterker as spierkrag
magtiger as kopkrag
dit is nie verbeelding dat
diep daar onder jy ek is
en ek jy
die lyne wat ons bloed teken
skryf in ‘n taal
wat poësie uit ons are laat straal

diep daar onder
hoef ons nie te praat
hoef ons nie te sien
diep daar onder is ons nie normaal
maar wel bo-normaal
ja, daar ver onder
is ons suiwer mens
suiwer siel

soms neem dit 'n diep sny
om diep te tref
en tot by die essensie te kom
die diepte maak my o so hartstogtelik huil
want die diepte is so 'n raar ding
ons skroom,
kry skaam
vir daardie diepte

daar is geen keuse
die diepte is daar
om in te staan
en te groei
dieper en dieper
hoe sterk ookal die winde teen my waai
ek sal my grond bly staan

diep daar onder is ek jy
en jy ek
die goue lyn wat ons bind
is sterker as spierkrag
magtiger as kopkrag
dit is nie verbeelding dat
diep daar onder jy ek is
en ek jy
die lyne wat ons bloed teken
skryf in ‘n taal
wat poësie uit ons are laat straal

Monday, 17 August 2015

maar net mens

ek huppel vlugvoetig oor die klippe
met die ou tannies se sing-alongs
helder ingekleur
in my gemoed

hoe de donner moet die groen onder my
eie voete groei as ek die heeltyd om een plek staan?
die gras sal mos verdor!

al gedra ek myself hoe,
dis altyd so moeilik om my wispelturigheid
hok te slaan

ek verpes verleentheid
en donder, hoekom sit geleentheid
so na aan verleentheid?!

ek hou van die grond onder my voete
dis kaalvoet wat my leer om die weerstand te laat vaar
en net te staan
voete klou vanself

moenie my opinie deesdae vra
want ek forseer so dikwels om nie saam te stem nie
drapeer die winde van weerstand om my
my vel sal wild wapper
en die duiwels op my skouer sal grinnik

onmiddelike lewegewendheid sit 
hier in my asem
hoekom nie mildelik asem skep
duisend keer per dag
ek sal 'n paar muggies insluk
maar meer suurstof in die longe
sal verseker 'n magtige sin-dikaat
van helder gedigte skep
ek sal die spel van die lewe ook beter speel

ek hou van krismis-tyd – die neute skyn
meer goud en brons as gewoonlik
die strikke maak my tone krul van krismis-plesier
en die allerlei koekies gepak in hulle blink blikke
bulder skaamteloos die vretende tering van
die verorberende verbruikers

deur die kunsliedere wat deur
my vingers sypel
word my verwarring gesus
en kan ek weer helder dink

Friday, 14 August 2015

white moths

suddenly my arms do not want to lift
they refuse to wave to anyone
they refuse to raise in joyful salute
they refuse to swing in dance

my joy
my movements
my freedom
cocooned in the pits of my arms

yet i never forget the feeling
of flying with arms open wide
i can and will not forget
because the wings,
though now willfully immobilised,
will never stop rustling, budding, throbbing,
tingling, pulsing, 
quivering in anticipation to
spread   open     in       flight   

one day my arms will rise again
and the white moths
will
fly
free

Thursday, 13 August 2015

digter-digter

ek speel met die tikbord
heen en weer rankskik ek 
die letters en woorde agtermekaar
ek wil hierdie spel bemeester
in die hoop dat die gedigte
die apoteose van
verheerlikende kuns sal bereik
sodat ek kan glo ek kan
digter-digter met oortuiging speel

Wednesday, 12 August 2015

eenvoudig

diep in
die binnenste ruimte
van die hart
klou die uitmergeling
die ootmoed
die verleentheid
die spyt
die weemoed
die verlange

vlak op
die buitenste ruim
van die vel
bly
die
son
eenvoudig
skyn

Tuesday, 11 August 2015

vandag is die begin

vandag is die begin van
die res van my digterslewe
slyp my pen
rol my tong om en om
diep asems in en uit
al my sintuie op aandag
sluk die suurlemoenwater met
oordrewe peristalse
vat aan my nek
druk my hand warm en styf om
my slukpyp
voel die beurende lus van
die verborge woorde
smagtend om uit te breek en
die wêreld in te vaar

Sunday, 9 August 2015

do not talk down on me

do not talk down on me
because, let me tell you
i am as high as high can be
higher than a crown can raise me
higher than money can fling me
higher than a god can bless me
higher than drugs can make me
higher than learned speak can take me
so please, you are wasting your time
talking down on me
because i am as high as high can be

Friday, 7 August 2015

tragikomedie

ek wil die humor van 
hierdie penarie waarin ek 
verstrengel is uitsif
ek voel strak en styf
so verkrimp en onvry 
iewers moet ek 
die moedswilligheid van
my gemoedere in 
‘n komedie vasvang
daar is niks so snaaks soos oor-ernstigheid

tog is daar niks so tragies soos self-inkerkering

Thursday, 6 August 2015

dit is nie onmoontlik

sluit die onmoontlikheid uit jou brein
dit is nie onmoontlik om verandering te weeg te bring
wees dapper en onbeskaamd
daar is niks beter as om uit jouself te klim
en in ‘n nuwe ruimte te loop nie
verbeel nuwe horisonne
droom van onontdekte grotte
daar is iets ongerep aan jou selle
moet nie jouself oortuig dat
alles verbrokkel en verdorwe
moenie glo dat lig verniet in jou oë blink nie

Wednesday, 5 August 2015

sy weet woorde is nie genoeg

sy weet woorde is nie genoeg om
haar te red
maar tog bly sy aanhou 
beelde, metafore en belewenisse
vas te vang in digterlike swier
die verse is haar net
sy kan so hoog en so ver spring as wat sy wil
tog weet sy haar woorde sal haar met die val
weer vang
‘n veilige heenkome
waarheen sy altyd sal terugkeer

Tuesday, 4 August 2015

ek is verlief op Stilte

ek moet erken
ek is verlief op Stilte

hoeveel keer wou ek al
met Stilte weghardloop en 
in donker en verafgeleë stegies
met hom vry tot die son 
soos taai stukke goue marmelade
oor die horison oopbreek

Monday, 3 August 2015

that feeling when my innards cry

that feeling when my innards cry itself into
the knotted sadness of powerlessness
when will i feel my jowls soar with wings again?
there is nothing that comes close to
the freedom of loud-mouthed creativity

          no one has to hear 
          my enunciations
          but me myself

may i write these words well enough 
to convince your eyes that 
words can simply be
soundless cyphers
exploding
quietly
in your mind

Friday, 31 July 2015

on the kitchen table she lies herself down

on the kitchen table she lies herself down
chopping her layered flesh up
as ferociously as she does onions
slicing her squirming limbs
as keenly as she does cauliflower
her tongue rolls off the bloodied surface
wagging and wailing
it has come undone
it has lost a hold of her body
for the first time standing loose
and on its own
a bit frightened in its sudden independence
this loquacious piece of flesh
feels a tingle of something
call it a tinge of excitement
that now it can be expressing
free of and from the body and brain
shamelessly feeling the liberation
to enunciate its wildest fantasies 

Tuesday, 28 July 2015

The Cross Roads VII

In a maelstrom of blankets and dust, curses and glares,
the Cave-Dweller is decidedly on the path of war.
In great insanity he is searching around his gloomy cave for
his left-hand glove. He claims that he has worn it only a day ago.
The Anarchist whispers in the ear of the Prehistoric Postal Agent
“What is all this fuss about a threadbare glove? Why don’t you go to
the Other Lands and get him a new pair?”
The Prehistoric Postal Agent stunned at the impertinence of this request
glowers at the Anarchist and whispers fiercely back into his ear
“It is against the rules of our industry to supply our services to
the selfish needs of a temperamental oaf.”
The Anarchist feigns a stutter “B..b..b..but I thought th..th..th..that
your agenc..c..c..c..cy is all ab...b..b..bout fulf..f..f..filling all sorts
of s..s..s..selfish needs.”
The Cave-Dweller long aware of this whispering grabs a stone, 
throws it in a blind passion into the corner of 
the meddlesome whisperers and bellows “How dare you miscreants 
scheme right under my nose?!”
The Anarchist leaps up and in a tone of unsubtle mirth proclaims
“The Prehistoric Postal Agent has kindly offered to procure a new pair of gloves for you.”
“I have said no such...” but before the Prehistoric Postal Agent can 
finish his sentence the Cave-Dweller runs to embrace him.
“Your services to save my dire situation will not 
go unrewarded” the Cave-Dweller chimes in 
tones never heard from his mouth before.
From the shadow of the overhang the Wretch 
shakes his head and murmurs “What is this Cross Roads coming to? 
A Prehistoric Postal Agent turning into a charity and 
a Cave-Dweller feeling and showing immense sense of gratitude?”
For all this while the Carillon stunned into silence by all this ruckus
demurely asks “Should I be ringing in this evolutionary news for times to come?”
The Prehistoric Postal Agent hisses through his clenched teeth “You don’t dare.”
The Anarchist so pleased with the turn of events clamours with
triumphant waving of the arms “Please do, Madame Carillon.
Your ringing will in truth pronounce the devolution of life at 
the Cross Roads and everyone needs to take note of it.”
As the confusion of the day settles in everyone’s minds
the Loner comes traipsing sleepily from the cairn of 
stones to investigate what all the excitement in 
the cave was about. In his casual stride he trips over something.
It is a besmirched left-hand glove.
Scarcely recognising what it is, he unstitches the thing
and winds up the tattered threads into a tight little ball
and mutters to himself “I will gift this to our
esteemed Prehistoric Postal Agent to use as packing string.
He will be most grateful.”

Sunday, 19 July 2015

stadsduiwe

die stadsduiwe
sprei soos peperkorrels 
oor die winterlug
ek is bly hulle oorleef 
die gehardheid van ontwikkeling 
as die duiwe nog 
hulle dapperheid en 
gesondheid van 
verstand kan behou
dan kan ek ook

Thursday, 16 July 2015

opsoek

met bene uitgestrek en omhoog oor die reëling
word ek wiegend weggevoer met die greyhound bus 
die swart vrou langs my se arm peul oor die sitplek
soos sy deur haar whatsapp flits op soek na vriende om te teks
steek sy my met haar elmboog tot in 
die ongemaklike werklikheid van busry

in die wolke soek ek my drome
in bob dylan soek ek my woorde
oor en oor luister ek na sad eyed lady of the lowlands
opsoek na leidrade

die einste vrou hier langs my vou haar arms inmekaar
nadat sy besef die flitse van my spasie-irritasie 
is gemik op haar annekserende elmboog
ek bewonder hoe sy met gemak haar oë toemaak 
en in haar warm vel en groot oë net so sittend kan slaap
soos 'n baba hang haar kop op haar bors
en vlieg die kilometers ongesiend verby

ek staar nog stip om my heen opsoek na leidrade

haar donker vingers is amper dieselfde kleur 
as haar baadjie se koper knope
haar kopdoek bedrewe om haar kop gevleg
ek is bly sy slaap
want nou kan ek haar in my helder wakkerheid 
noukeurig betrag
en haar oomblikse stil lewe raak skilder in vers

Wednesday, 15 July 2015

ma en dogter in die tuine

in die botaniese tuine
voel dit soos paradys
ouhoute en witstinkhoutbome
waterkuile en eende
stilte en clivias
klippe en kranse
twee swart arende
moyeni en tulane
wat takke en kos aanvlieg vir
hulle ses-weke oue kuiken
sproeiers oral op die grasperke
dit is so idillies
ek vergeet dit is winter op die hoëveld
op elke bankie wil ek myself uitstrek
in elke skadukol wil ek droom oor
hoe lekker ek kry
dit is alles nog lekkerder omdat
my ma sonja ook saam is
ek kan sien hoe die lig in haar oë ophelder
as sy in haar gunsteling laan afstap
sy kla nie een keer oor haar seer knie of enkel nie
sy is rustig en ongejaagd
ek hou die meeste van haar so -
tydloos in die botaniese tuine
wat voel soos paradys

           Walter Sisulu Botaniese Tuine

Thursday, 9 July 2015

but it is okay

but it is okay if i don’t capture
the thrills
the volcanoes
the fire
of the Love
because in quiet trust
our hearts also
love one another in
simple small beats
keeping
the rhythm 
softly shimmering

Wednesday, 8 July 2015

volcanoes

ooijooijooi all these feelings make little
explosions in my blood

i think and think of this love
and it makes me tingle through
to my nerve ends

i try and try to make little volcanoes
within my verse
to capture the life
the fire
the burning
the hot molten flow of this love
that refuses to stand still and
grow cold

this love keeps reshaping into whirls
that does not want to let go of its
fierce hunger to dive into
the core of the immensely small,
quiet and intimate beginnings of its life
and bloom and arch outward into
the great expanse
and make it be
felt
in me
and
in you

Friday, 3 July 2015

Music of the Ancestors

I originally wrote a poem The Voices of the Ancestors for part of a performance piece at the AfrikaBurn Festival in 2012. I recently reworked it so as to be performed within my current music performances.

Soon after re-writing the poem I discovered an incredibly powerful documentary Alive Inside about the effect that music has on dementia and Alzheimer sufferers. This film shows footage of these sufferers totally disconnected with life in the frail care centers across America. They are at first quite lifeless, unresponsive and even angry. One man has a vision to bring these individuals back to a "connectedness" via the listening of music. The people start engaging, smiling, laughing and even dancing again. It makes so much sense that music has this power. But these institutions simply function around the traditional "medication" and dull their senses rather than enlivening them. 

Since watching this film this poem has become even more meaningful for me. I am aware that the poem can come across as quite "New Age". Whatever your taste in poetry, please read it with an open mind and heart.


Music of the Ancestors I

Let the Music of the Ancestors
shake the Walls of our Existence
Let the Music strike Deep into the Heart of our Beings
and sing the Harmonies of Solace into our Souls

Let the Music of the Ancestors
break open over the Plains
and sound over the entire Earth
the Song that sounds in our Dreams
pushes through the Cracks
and clings onto the Marrow
and does not let go
until it transforms our Bodies
into one Transcendental Wave

Let the Music of the Ancestors burn with the Celebration of Breath
burn with the glistening Peaks of Waves
burn with the Memory of Primordial Frequencies
that once reverberated in our Primal Ears

Music sings in One Language
that all Bodies and Souls fathom without rationality
It is the Unrest of Music
that challenges our Sense of Peace
It is the Embrace of Music
that teaches us to stand Together and Love

Music of the Ancestors II

The Vast Space begs to be filled
with that Sweeping Line of Sound
that colours Space with that Wondrous Harmony
that is so strongly at Home in our Souls

Let the Sound of the Music rise
like the Wind rises
rise like the Tide rises
rise like the Flame rises
Let the Music vibrate
Let the Music cascade through our Souls
and let us live livelier than ever before

Let our Music break through the Deserts,
break through the Forests,
break through the Oceans
Let Fish and Bird hear We can
Resonate With Song just as They can do

Silence is blessed
yet Music is more so
It is a Resonating of the Soul
a Baptizing within that Vibration that gives Life
to our Hearts and Minds

Music moves like Flame
searching for Air and when it is released
it gushes forth like a New Spring

Thank you Music for bringing Solace
in the Dark, Cold and Lonely Days
With your Warmth we can believe in our Dreams
with your Light we can see to the Edges of the World

Thursday, 2 July 2015

we, like rock


we, like rock, endure many pressures
and contort into shapes and strata
eagerly awaiting the day the sun will emblazon
our souls’ odyssey and reveal the quiet writing of our stories
in deep shades of bronze

Wednesday, 1 July 2015

ek is nie my sillabes nie

ek bly skryf en hard-op dink
gedissiplineerd in die hoop dat
die magiese vonk
op my hoof gaan spring
ek kan nie bly gedigte skryf
oor vlerke, wilskrag, 
vryheid en onverskrokkenheid
ek MOET dit weer begin LEEF
ek het nie ‘n keuse nie
ek is nie my sillabes nie
ek is my vlees en bloed