ek het nog nooit so baie objekte
en papiere en klere onder my vingers
laat gaan soos in die laaste drie weke nie
ek probeer dat die vel van my vingers
hulle eie geheue-bank opbou
sodat ek niks van die allerlei wonder-teksture
in Louis se huis sal vergeet nie
ek wil elke herinnering vir goed raakvat
Wednesday, 26 October 2016
Tuesday, 25 October 2016
my siel is swaar so swaar
dit is in die oorlading van emosies en herinneringe
wat ek nou na my tikbord kom
om woorde te soek en 'n helderheid in my siel te koeël
die dae is warm
die eerste lente sonder jou
die rose blom
die sonneblomsade ontkiem
die bottelborsels pronk hulle pluimtossels al in die wind
vandag het ons hele 'n klomp swart sakke met afval op jou straat gesit
vir die pickitup trok wat sonder 'n grein van simpatie of grasie daarmee
in die niksseggende niks inry
dinge uit jou huis wat oud, verstreke, geskeur, vuil, stukkend
of net eenvoudig in onbruik gekom het
onder andere twee pick en pay sakke vol ou speserye en kruie
ek het vir dae nie die hart gehad om die botteltjies uit die laaie te haal nie
jy het nie veel van die speserye gebruik
maar tog was dit netjies ge-etiketeer en alfabeties gerangskik
anys tot by turmeric
my oë hang swaar van die weemoed
ek staan op in die oggende
haal diep asem vir die Groot Pak
ek gaan getrou saam met ma sonja na jou huis toe
63 bellavista weg
suid-johannesburg
maar my hart sleep
ek skud sakke oop met 'n leë hart
ek vou bokse oop met 'n hangende mond
ek pak boeke, skilderye, potlode, kwaste, lappe,
klere, borsels, naelknippers,
origami en jou alomteenwoordige handgeskrewe notes-to-self weg
elke objek en artikel doelbewus gekies en gebruik deur jou eie hande
jy was twee-en-sestig jaar in hierdie huis
dit was jy wat elke stuk oppervlak in hierdie huis betekenis gegee het
maar nou sonder jou hang daar 'n futiliteit aan alles
ek is verbaas dat ek nie self in 'n depressie verval nie
ek is hartseer
moer-hartseer
maar ek bly 'n dryf in my voel
weet nie vanwaar
ek wie so maklik self in futiliteit kan verval
ek het net die nodige energie in my
wat dit moontlik maak om in die donker kuil se oë te staar
tog deur die dryfkrag bly my hart maar sleep
ek het nie tans 'n rede om djollie te wees nie
vir die eerste keer in my lewe voel ek
NOU het ek die beste rede om so hartslepend te voel
vorige kere was my swaarmoedigheid gekweek
deur ondankbaarheid, onvergenoegdheid
en plein luiheid en onkreatiwiteit
maar nou voel hierdie swaarte soos 'n ware swaarte
geen om dit dink en om dit voel gaan dit weg vat nie
in die eerste maand na jou dood het ek so lig gevoel
so surrealisties lig dat jou lyding gebreek is
maar nou na drie maande het die swaar klippe van verlies
in my hart kom lê
en ek wil net lê
want my siel is swaar
so swaar
sonder jou
wat ek nou na my tikbord kom
om woorde te soek en 'n helderheid in my siel te koeël
die dae is warm
die eerste lente sonder jou
die rose blom
die sonneblomsade ontkiem
die bottelborsels pronk hulle pluimtossels al in die wind
vandag het ons hele 'n klomp swart sakke met afval op jou straat gesit
vir die pickitup trok wat sonder 'n grein van simpatie of grasie daarmee
in die niksseggende niks inry
dinge uit jou huis wat oud, verstreke, geskeur, vuil, stukkend
of net eenvoudig in onbruik gekom het
onder andere twee pick en pay sakke vol ou speserye en kruie
ek het vir dae nie die hart gehad om die botteltjies uit die laaie te haal nie
jy het nie veel van die speserye gebruik
maar tog was dit netjies ge-etiketeer en alfabeties gerangskik
anys tot by turmeric
my oë hang swaar van die weemoed
ek staan op in die oggende
haal diep asem vir die Groot Pak
ek gaan getrou saam met ma sonja na jou huis toe
63 bellavista weg
suid-johannesburg
maar my hart sleep
ek skud sakke oop met 'n leë hart
ek vou bokse oop met 'n hangende mond
ek pak boeke, skilderye, potlode, kwaste, lappe,
klere, borsels, naelknippers,
origami en jou alomteenwoordige handgeskrewe notes-to-self weg
elke objek en artikel doelbewus gekies en gebruik deur jou eie hande
jy was twee-en-sestig jaar in hierdie huis
dit was jy wat elke stuk oppervlak in hierdie huis betekenis gegee het
maar nou sonder jou hang daar 'n futiliteit aan alles
ek is verbaas dat ek nie self in 'n depressie verval nie
ek is hartseer
moer-hartseer
maar ek bly 'n dryf in my voel
weet nie vanwaar
ek wie so maklik self in futiliteit kan verval
ek het net die nodige energie in my
wat dit moontlik maak om in die donker kuil se oë te staar
tog deur die dryfkrag bly my hart maar sleep
ek het nie tans 'n rede om djollie te wees nie
vir die eerste keer in my lewe voel ek
NOU het ek die beste rede om so hartslepend te voel
vorige kere was my swaarmoedigheid gekweek
deur ondankbaarheid, onvergenoegdheid
en plein luiheid en onkreatiwiteit
maar nou voel hierdie swaarte soos 'n ware swaarte
geen om dit dink en om dit voel gaan dit weg vat nie
in die eerste maand na jou dood het ek so lig gevoel
so surrealisties lig dat jou lyding gebreek is
maar nou na drie maande het die swaar klippe van verlies
in my hart kom lê
en ek wil net lê
want my siel is swaar
so swaar
sonder jou
enige oomblik gaan jy jou verskyning maak
enige oomblik gaan jy
jou verskyning maak
dit kan net nie wees dat
jy dood is nie?!
jou huis maak nog te veel sin
vir jou om nou so weg te wees
hoe veel keer kyk ek op na
die hemele en glo vas jy is daar
en jy sien watter impak jy op
my gedagtes en hart gehad het
kan sien hoe ek al jou kante
net so veel mis
ek sal enige van jou beneukte buie kies
bo hierdie verlies
selfs jou stil-stuipe wat ek toe gedink het
was so erg soos die dood
sal ek kies in plek van jou dood
jou verskyning maak
dit kan net nie wees dat
jy dood is nie?!
jou huis maak nog te veel sin
vir jou om nou so weg te wees
hoe veel keer kyk ek op na
die hemele en glo vas jy is daar
en jy sien watter impak jy op
my gedagtes en hart gehad het
kan sien hoe ek al jou kante
net so veel mis
ek sal enige van jou beneukte buie kies
bo hierdie verlies
selfs jou stil-stuipe wat ek toe gedink het
was so erg soos die dood
sal ek kies in plek van jou dood
Thursday, 20 October 2016
my hele lyf huil
my hele lyf huil
die leegte is nou net te groot
my rug is moeg vir regopstaan
my voete sleep
my pa was groter as groot
met al sy kompleksiteite
en teatraliteite het sy bestaan
my lewe so ryk ingekleur
daar was 'n opwinding
asook 'n senuweeagtigheid
om hom te ken
beide vrees en jolyt
om sy dogter te wees
ek kon nooit wag om my vriende
aan hom voor te stel nie
aai om met hierdie besonderse pa van my te spog!
ek was nie een van daai kinders wie nie saam met hulle pa gesien wou word nie
ek wou hê almal moes sy sterk mooi kuite sien
sy trotse kaalvoete
sy verf-bespatte klere
sy humor en intensiteit
johannesburg was gelyk aan Louis
om nou na die goud-stad te kom
en weet hy is nie meer hier nie
maak my ore pieng van semi-waansin
ek voel so gestroop
soos 'n boom van haar bas, takke en blare
vanaand voel ek die brand van die sny
'n waaragtige amputasie
ek kan dit nie help
maar ek is so seer en flou
tot in die murg van my murg
die leegte is nou net te groot
my rug is moeg vir regopstaan
my voete sleep
my pa was groter as groot
met al sy kompleksiteite
en teatraliteite het sy bestaan
my lewe so ryk ingekleur
daar was 'n opwinding
asook 'n senuweeagtigheid
om hom te ken
beide vrees en jolyt
om sy dogter te wees
ek kon nooit wag om my vriende
aan hom voor te stel nie
aai om met hierdie besonderse pa van my te spog!
ek was nie een van daai kinders wie nie saam met hulle pa gesien wou word nie
ek wou hê almal moes sy sterk mooi kuite sien
sy trotse kaalvoete
sy verf-bespatte klere
sy humor en intensiteit
johannesburg was gelyk aan Louis
om nou na die goud-stad te kom
en weet hy is nie meer hier nie
maak my ore pieng van semi-waansin
ek voel so gestroop
soos 'n boom van haar bas, takke en blare
vanaand voel ek die brand van die sny
'n waaragtige amputasie
ek kan dit nie help
maar ek is so seer en flou
tot in die murg van my murg
Wednesday, 19 October 2016
lig
ek kyk na foto's van ons ouerhuis
die tuin, honde, plante, blommerangskikkings
ek is verbaas hoeveel
lig
daar in elke foto is
elke toneel lyk net soveel mooier
as wat ek dit ervaar en onthou het
dan dink ek nou skielik
hoekom sien ons nie meer
lig
in die oomblik raak nie?
ons moet minder jaag en sodoende
minder oë toeknip
ons oë oper oopmaak
sodat meer
lig
en skoonheid
in
kan
stroom
die tuin, honde, plante, blommerangskikkings
ek is verbaas hoeveel
lig
daar in elke foto is
elke toneel lyk net soveel mooier
as wat ek dit ervaar en onthou het
dan dink ek nou skielik
hoekom sien ons nie meer
lig
in die oomblik raak nie?
ons moet minder jaag en sodoende
minder oë toeknip
ons oë oper oopmaak
sodat meer
lig
en skoonheid
in
kan
stroom
Tuesday, 18 October 2016
roep
ek het nooit gewaag om jou te roep
toe jy gelewe het
maar nou in jou dood roep ek jou
- my keelspiere trek in snikkende bulte -
nou roep ek jou
dat jy my wenende verlange kan hoor
toe jy gelewe het
maar nou in jou dood roep ek jou
- my keelspiere trek in snikkende bulte -
nou roep ek jou
dat jy my wenende verlange kan hoor
salt
why wish you sweet dreams
if i can wish you salty dreams?
dreams made of the salt of the earth
dreams tasting like sun-parched stones,
oceans and
karoo salt pans
wishing you dreams as salty
as my skin
after we have made
sweaty love
why wish you sweet dreams
if I can wish you sultry salty dreams?
if i can wish you salty dreams?
dreams made of the salt of the earth
dreams tasting like sun-parched stones,
oceans and
karoo salt pans
wishing you dreams as salty
as my skin
after we have made
sweaty love
why wish you sweet dreams
if I can wish you sultry salty dreams?
Monday, 17 October 2016
hoor
ek lê op my bed
gebuk oor my foon
ek whatsapp fotos van dinge
in en om my pa se huis vir jou
ek begin huil
dit is die eerste keer wat ek die trane
letterlik
hoor
val
op die laken
gebuk oor my foon
ek whatsapp fotos van dinge
in en om my pa se huis vir jou
ek begin huil
dit is die eerste keer wat ek die trane
letterlik
hoor
val
op die laken
Sunday, 16 October 2016
swing
i weave the resonance of my voice
between my fingers
stringing the frequencies into
two strong chains
and my tongue bolted between
as a steady seat
whereupon i sit and swing
myself into childlike abandon
***
ek vleg die resonans van my stem
tussen my vingers
ek ryg die frekwensies in
twee sterk kettings
met my tong vasgebout tussen-in
as 'n standvastige sitplek
waarop ek sit en
myself tot kinderlike oorgawe inswaai
between my fingers
stringing the frequencies into
two strong chains
and my tongue bolted between
as a steady seat
whereupon i sit and swing
myself into childlike abandon
***
ek vleg die resonans van my stem
tussen my vingers
ek ryg die frekwensies in
twee sterk kettings
met my tong vasgebout tussen-in
as 'n standvastige sitplek
waarop ek sit en
myself tot kinderlike oorgawe inswaai
Saturday, 15 October 2016
shimmer
...two lovers gliding
through the spring air
the shimmer of their joy
lighting their love-flecked faces
through the spring air
the shimmer of their joy
lighting their love-flecked faces
Friday, 14 October 2016
wens jy was hier*
so jy dink jy kan onderskei tussen hemel en hel?
tussen blou lug en pyn?
kan jy onderskei tussen 'n groen veld en 'n koue reling ?
tussen 'n glimlag en 'n sluier?
dink jy jy kan?
het hulle jou oortuig om jou helde vir spoke te verruil
warm as vir bome?
warm lug vir 'n koel briesie
koue gemak vir verandering?
het jy 'n bydra in deel van die oorlog verruil
vir 'n hoofrol in 'n hok?
hoe ek wens, hoe ek wens jy was hier
ons is net twee siele swemmend in 'n visbak
jaar na jaar,
drawwend oor dieselfde grond
wat het ons gevind?
dieselfde ou vrese
wens jy was hier
*vertaling van Pink Floyd se befaamde lied Wish you were here
tussen blou lug en pyn?
kan jy onderskei tussen 'n groen veld en 'n koue reling ?
tussen 'n glimlag en 'n sluier?
dink jy jy kan?
het hulle jou oortuig om jou helde vir spoke te verruil
warm as vir bome?
warm lug vir 'n koel briesie
koue gemak vir verandering?
het jy 'n bydra in deel van die oorlog verruil
vir 'n hoofrol in 'n hok?
hoe ek wens, hoe ek wens jy was hier
ons is net twee siele swemmend in 'n visbak
jaar na jaar,
drawwend oor dieselfde grond
wat het ons gevind?
dieselfde ou vrese
wens jy was hier
*vertaling van Pink Floyd se befaamde lied Wish you were here
Thursday, 13 October 2016
ek wil net sit tussen jou goed
ek wil net sit tussen jou goed
net sit en sit en sit
niks wegpak nie
dit is nou amper 3 maande na jou dood
en nogsteeds om te sê jou dood
wil net nie gemaklik op my tong lê nie
ek en ma sonja gaan die laaste week na jou huis
om jou dinge te begin oppak
ons het begin met jou boeke
ek moes elke liewe boek oplig en deurblaai
om stukkies van jou vingers tussen die blaaie te kan indrink
jou kuns en botaniese boeke was die moeilikste - dies was jou gunsteling
en vandag het ons jou klere uitgepak
jirre ek moes elke stukkie teen my neus hou
om myself diep in jou reuk te kan invou
jy is nog so aanwesig in elke hoek
jou gees is nog so lewendig
hoe kan ek jou goed net so in bokse en swart sakke wegpak?
ek kan nie glo ek doen dit aan jou dinge nie
jou dinge wat jy met soveel intensie en
kreatiwiteit georden het
gee my krag of
maak my blind en gevoelloos
want niks het my voorberei op hierdie pynende verlange
net sit en sit en sit
niks wegpak nie
dit is nou amper 3 maande na jou dood
en nogsteeds om te sê jou dood
wil net nie gemaklik op my tong lê nie
ek en ma sonja gaan die laaste week na jou huis
om jou dinge te begin oppak
ons het begin met jou boeke
ek moes elke liewe boek oplig en deurblaai
om stukkies van jou vingers tussen die blaaie te kan indrink
jou kuns en botaniese boeke was die moeilikste - dies was jou gunsteling
en vandag het ons jou klere uitgepak
jirre ek moes elke stukkie teen my neus hou
om myself diep in jou reuk te kan invou
jy is nog so aanwesig in elke hoek
jou gees is nog so lewendig
hoe kan ek jou goed net so in bokse en swart sakke wegpak?
ek kan nie glo ek doen dit aan jou dinge nie
jou dinge wat jy met soveel intensie en
kreatiwiteit georden het
gee my krag of
maak my blind en gevoelloos
want niks het my voorberei op hierdie pynende verlange
Wednesday, 12 October 2016
klou
my metafoor
wil klou aan
die papier soos
vlekke taai tee-koppie-ringe
wil klou aan
die papier soos
vlekke taai tee-koppie-ringe
Tuesday, 11 October 2016
sympathetic
when i type the sentence
my father's death on my phone
even the predictive text is
hesitant to spell out death
only by the time i reach the t
does it register the word
as if my phone too is sympathetic to
my trepidation for using the word
my father's death on my phone
even the predictive text is
hesitant to spell out death
only by the time i reach the t
does it register the word
as if my phone too is sympathetic to
my trepidation for using the word
Monday, 10 October 2016
wou
Many stars are in heaven.
There are whole clans of people -
men, women, and children -
long since become stars
- Stephen Watson - Return of the Moon: Versions of /Xam
jy wou ons nog een keer die Johannesburg stadsliggies wys
van bo-op jou huis se dak in Turffontein
ons wou jou nog treat by die Mojo restaurant by Zoolake
vir jou verjaarsdag brêkfis
ons wou jou nog vat op die stoomtrein deur die aalwyne
van Creighton in Oos-Griekwaland
ek wou nog een keer sien hoe jy tussen al jou skilderye staan
en gloei soos jy vertel van 'n nuwe teken-tegniek
ek wou nog gemakliker en vertroud raak met jou
om vir jou in die presiese woorde te sê
hoe lief ek jou het Louis
ek wou hê jy moes nog een keer in
'n lang warm bad klim om
al die pyn, bitter en lewensmoegte weg te was
ek wou nog een keer hoor hoe jy sê
it is not what you say
it is that you say
daar is net te veel dinge wat ek nog met jou wil deel
ek sal dit maar met die sterre deel
want iewers vanuit die gewelf glo ek
jy wink vir my
There are whole clans of people -
men, women, and children -
long since become stars
- Stephen Watson - Return of the Moon: Versions of /Xam
jy wou ons nog een keer die Johannesburg stadsliggies wys
van bo-op jou huis se dak in Turffontein
ons wou jou nog treat by die Mojo restaurant by Zoolake
vir jou verjaarsdag brêkfis
ons wou jou nog vat op die stoomtrein deur die aalwyne
van Creighton in Oos-Griekwaland
ek wou nog een keer sien hoe jy tussen al jou skilderye staan
en gloei soos jy vertel van 'n nuwe teken-tegniek
ek wou nog gemakliker en vertroud raak met jou
om vir jou in die presiese woorde te sê
hoe lief ek jou het Louis
ek wou hê jy moes nog een keer in
'n lang warm bad klim om
al die pyn, bitter en lewensmoegte weg te was
ek wou nog een keer hoor hoe jy sê
it is not what you say
it is that you say
daar is net te veel dinge wat ek nog met jou wil deel
ek sal dit maar met die sterre deel
want iewers vanuit die gewelf glo ek
jy wink vir my
Sunday, 9 October 2016
oor die dood van my pa
woorde spaander deur my kop
ek wil elke oomblik bymekaarkskraap
om hierdie ervaring in totaliteit te absorbeer
my selle gryp aan elke herinnering
vrese skaamtes spyte verwyte vreugdes
iewers moet ek begin om digterlike sin te maak
die dood is so oorweldigend -
die dood van louis my pa
die verlies is groot
die trane taai
die woorde verward
die finaliteit is finaal in die dood
geen hartklop
geen asem
geen kloppende sel
hartverskeurend om aanvanklik te laat gaan
want my hele lewe lank was hy daar
so lewendig en tasbaar daar
my kop moes sedertdien die pa-paradigma skuif
sonder argument of filosofie
mens het nie kans om te klou aan
die lewe wat nou net geblus is nie
die finaliteit kom en mens moet regstaan vir
die ongesêde koebaai
ek wil elke oomblik bymekaarkskraap
om hierdie ervaring in totaliteit te absorbeer
my selle gryp aan elke herinnering
vrese skaamtes spyte verwyte vreugdes
iewers moet ek begin om digterlike sin te maak
die dood is so oorweldigend -
die dood van louis my pa
die verlies is groot
die trane taai
die woorde verward
die finaliteit is finaal in die dood
geen hartklop
geen asem
geen kloppende sel
hartverskeurend om aanvanklik te laat gaan
want my hele lewe lank was hy daar
so lewendig en tasbaar daar
my kop moes sedertdien die pa-paradigma skuif
sonder argument of filosofie
mens het nie kans om te klou aan
die lewe wat nou net geblus is nie
die finaliteit kom en mens moet regstaan vir
die ongesêde koebaai
Saturday, 8 October 2016
dood is eenvoudig
dood is eenvoudig
dit kom
glip in die are
knip die draad
en siedaar
lewe geblus
hoe kan die dood so eenvoudig wees?
hoekom aanvaar ons
dit so maklik?
ek weier om
sy stille, slinkse maniere
so doodluiters
te aanvaar
dit kom
glip in die are
knip die draad
en siedaar
lewe geblus
hoe kan die dood so eenvoudig wees?
hoekom aanvaar ons
dit so maklik?
ek weier om
sy stille, slinkse maniere
so doodluiters
te aanvaar
Thursday, 6 October 2016
nimmereindigende begeerte vir konneksie
vloei van lyne deur die brein
en oor die aardbol
konnekteer alles soos sinapse
aanmekaar
lyne dik en dun
kort en lank
lyne van goud, grit, grond,
wind, water, vuur,
yster, teer,
draad, vesel, ink,
klank, siel, sintuig,
asem, bloed
oral lyne
sigbaar en onsigbaar
wat ons met
die Groot Alles
verbind
en oor die aardbol
konnekteer alles soos sinapse
aanmekaar
lyne dik en dun
kort en lank
lyne van goud, grit, grond,
wind, water, vuur,
yster, teer,
draad, vesel, ink,
klank, siel, sintuig,
asem, bloed
oral lyne
sigbaar en onsigbaar
wat ons met
die Groot Alles
verbind
Wednesday, 5 October 2016
Ockie se Hokkie
maar laat ek julle vandag vertel met my hand styf om my pen
van die lucky strike wat ek gestrike het en wat net hier duskant die Kouga lê
net die vertel daarvan laat my nou sommer meer daarvan wil hê
laat die tromme rol, terwyl ek aankondig met blydskap: dit is Ockie se Hokkie!
inderdaad, sowaar as vet, wrintiewaar, ek jokkie
dit is 'n huisie van hout regop en fier
daar waar die Kouga so draai maak met 'n swier
met Ockie se eige hande is hy getimmer en gebou
om in alle storms, vloede en siklone sy staan te hou
skaars 'n dekade terug het die reënwaters tot sy heupe opgedam
die aanhoor van hierdie Groot Vloed maak my bene sommer lam
al wat rym met Ockie se Hokkie is ek jokkie!
so laat ek julle vertel van die muskeljaatkat wat daar toweragtig in 'n luiperd transformeer
dit is nie wegholverbeelding nie, ek sweer!
en kyk, net daar om die rivier se naaste draai
skinnydip 'n ouma met jubelende gejuig en tieties en arms wat onbegrensd alom swaai
ooo en wat van die jerepicho wat so bo-baas skitter en proe na meer
nog nooit het ons so witwyntjie so vinnig in kele sien afglip
en wat van die paptert waarin ons tonge al kwylend indip?
ja jong, die jollifikasie ken geen keer!
ons sal maar stilbly oor die vis
die vuur het te gou sy moisture geblus
en Meneer Veearts wat in die aand so snork en brul
en elke hoekie in die Hokkie uit sy slaap uit kul -
oor die snorkery sal ons maar nie verder skinder
dit mag dalk toekomstige besoekers verhinder
nietemin, meeste mense dink 'n lucky strike is diamante opdiep of die lotto wen
maar laat ek julle vandag vertel met my hand styf om my pen
van die lucky strike wat ek gestrike het en wat net hier duskant die Kouga lê
net die vertel daarvan laat my nou sommer meer daarvan wil hê
al wat ek nou oor het om te vra:
jinne Ockie, hoe het jy dit reggekry
dat jou se Hokkie ons harte so verbly?
Monday, 3 October 2016
my dye wil ook bydra tot die skryf van die poësie
my ledemate moet leer om weer die letters te skryf
hierdie gelê-ery en gesittery terwyl ek die digkuns skryf
moet ‘n einde kry
dit is die probleem:
dit is die probleem:
my hand neem die oorhand in die skryf van die poësie
my rug, my borskas ,
my skouers, my wange,
my tone, my enkels en
my dye wil ook bydra tot
my tone, my enkels en
my dye wil ook bydra tot
die skryf van die poësie
die hand mag deel hê aan die poësie
mits hy nie die pen gryp om die woorde vas te pen nie
die hand moet eerder lemoene pluk
en in stukke breek en op die tong plaas
sodat die poësie vanuit elke oranje sel
tussen die tande kan ontplof
poësie is nie gelyk aan die skrywershand nie
dit moet meer as dit wees
hierdie kort lyn tussen kop, hand en papier
is net te onavontuurlustig
laat die lyn afdwaal na die kniekoppe
en hulle maak skarnier in klinknael sillabes
draai af na die voetsole wat klim na bergpieke
en poësie onder die hoogste klippe uitgrawe
laat die lyn dan omwentel na die dye
wat met uitbundige krag
die ritmika van die digterlike dans inkleur
ek vra mooi: moenie net jou hand waag aan poësie
waag jou hele lyf daaraan
waag jou hele lyf daaraan
Saturday, 1 October 2016
nuwe stem / new voice
![]() |
| photographer: Daniele Debellis calligrapher: Andrew van der Merwe |
nuwe stem
met die vibrasie van hierdie nuwe stem
begolf ek die kuswande
van die gevestigde digterslande
en slyp ek skerp die snykant van my tonglem
met die sinsasie van tong teen tand
ril die rugstring van my verhemelte tot in die verstand
val ek halsoorkop oor elke sinsnede
vermallend opsoek na woordelike rede
vermallend opsoek na woordelike rede
totdat die kern van my senuwees versinsualiseer
en geen tongval my sal keer
en geen tongval my sal keer
dat wanneer my stem gaan opstaan
my liggaam en siel agterna sal gaan
new voice
with the vibration of this new voice
i push the waves over the coastlines
of the established lands of the poets
and sharply whet i the cutting edge of my tongue
with the sensation of tongue against teeth
trembles the spine of my palate right into my mind
i tumble head over heels over every phrase
madly in search of verbal sense
till the core of my nerves sensualize
and no tongue-fall will stop me
so that when my voice will rise
my body and soul will follow
Thursday, 29 September 2016
waxing lyrical
one refrain that will keep on singing from my heart
is the unnamed joy in the sensation of confident happiness
it is closely linked to a texture of life
a smell
a fully fledged nostril sensification of this awesome reality
it is in moments like these that immortality licks the throat
one can envision foreverness in the pursuit of all things beautiful
and heart-poundingly rich
i will not lie down when this effervescence sits so
close to my throat
it makes me rise in a lightness wanting to explore all
the corners of the sky
let alone all the corners of the earth
i will make a study of all the twist and turns of metaphors
and search for an elegance of word contours that flank
the mountains deep into the heart of adventurous verbaciousness
it will be a sight to behold!
the refrain keeps on ringing in my soul
let me cling onto the faith of words
insatiably intertwined in my veins and fibres
let me never rest from this pursuit
it is in the harmonies of words that i will find resonance that
will keep the bells ringing mellifluously
into the honeycombs of my cells
let me not stop with the weaving
somewhere a combination of thread and texture
will reveal a beautiful line of my own making
what more enriching thing is there?
once again hear the refrain in my heart
it is going to be a beautiful day in the sky
golden lines serpentining around clouds
spelling their own poetry
in their own unbounded rhythm
Monday, 26 September 2016
omring *
ek klim die heuwel agter ons huis uit
‘n kille
wintersoggend in lidgetton, die midlands van kwazulu-natal
'n wilde
wind terg my ywerige kuite en enkels
met
jagende asems kom ek bo
ek kyk
uit vir die plaat klippe
waarop ek
my gedigte gaan voordra
skielik
breek twee rietbokke die stilte
en snel
pylend oor die vlaktes
al agter
hulle ratse pote slaan
donker koolstof
op uit die gebrande gras
met ‘n
goeie afstand tussen ons
gaan staan hulle stil en kyk my
stip aan
hulle
vertrou nie die vrede nie
en deins
vlugtig uit my sig
ek vind
my verhoog van klippe
en begin my
gedigte een na die ander opsê
ek
herhaal oor en oor die lyne van my gunsteling vers
hoe dig ‘n mens vanuit die denklose plek
daar waar dit net suiwer, spontane metafoor is
wat roekeloos uit die keelgat lek
en in filigraan lettergrepe
stalaktities in oorbuise drup?
ek voel
aan dat iemand na my luister
ek kyk
gedurig om my heen
dit is
net gras, wind en heuwels
ek is nie alleen
ek voel
die land se bloed, vesels,
kleure, liedere,
tonge en
velle
voor my
opdoem
daar is
stemme in die wind
ek wil
glo dat die asems van
my
voorvadergeeste
my omring
en uitbundig my keelklanke toejuig
*Gepubliseer in die Sol Plaatje European Union Poetry Anthology, volume VI, 2016
*Gepubliseer in die Sol Plaatje European Union Poetry Anthology, volume VI, 2016
Thursday, 8 September 2016
die suising van my taal die suiwerste troos
vir pa Louis, in jou laaste dae
twee
aande voor jou dood
pen ek
woorde neer as anker
om jou
laaste paar lydingsdae
iewers in
my hart vashouplek te gee
jy sê op
jou Louis-manier que sera sera
whatever
will be will be
the
future's not ours to see
die
histrionika in jou stem troebel van weltschmerz
deur
poorte woorde
sidder my
verbeelding in die verdoemenis
van jou
pyn en swaarkry
ek wonder
hoe gaan ek
uit
hierdie aftakeling
digterlike
sin kan put?
met
moeite skribbel ek lukraak woorde
die
papier begin lyk na 'n filigraan-net
waarmee
ek hierdie vlietende dae sal moet vasvang
ek maak
my oë toe en sien
ligvlekke deur digte
woude breek
ek smeek
dat johannesburg se stadsliggies
soos stukke
sonne my sinapse sal opwakker met hoop
ek pluk
elke lig soos lemoene
en gaar
dit op in my arms vir die dae
wat ek
die sonnige soet gaan nodig kry
my brein
stotter aan die sillabes wat glibberig bly
soos ek
probeer vastrapplek kry in
die
hartskeurende oomblikke waar ons jou begin verloor
ek skryf
woorde neer soos
marionet-meester
besnaar
die
ink-swart sterre
teen
'n
sanikende hemelruim
beier
en bulder
die
parmantige skoppensboer
wat my
hart se digte hartseer so brutaal wil vertaal
ek smag
na troos
en
verbeel my kaalvoete in modder
ek
inkanteer die woorde
wat
herhaaldelik in my kop skyn
tierlantyntjies
en kapok
sodat
iewers in die donker
'n sagte
lig deur sal breek
26 julie 2016
Wednesday, 7 September 2016
water...
you are the fill
of my hands
that
overflows
with the delight of
you
on my tongue
and makes
the tremor
on my
skin
cause
the spin
in my head
to make
the celebration
of my
throat
break open
with
abandon
Tuesday, 6 September 2016
spark / vonk
for clarinetist, Morné van Heerden
and in the beginning was the spark
and the spark became breath
and breath became sound
and sound became throat
and throat became pipe
and pipe became finger
and finger became man
and man became dance
and dance became man
and man became finger
and finger became pipe
and pipe became throat
and throat became sound
and sound became breath
and breath became spark
aan die begin
was die vonk
en die vonk het
asem geword
en die asem word
klank
en die klank
word keel
en die keel word
pyp
en die die pyp
word vinger
en die vinger
word mens
en die mens word
dans
en die dans word
mens
en die mens word
vinger
en die vinger
word pyp
en die pyp word
keel
en die keel word
klank
en die klank
word asem
en die asem word
vonk
Labels:
asemhaling,
breathing,
gedigte,
klank,
Morné van Heerden,
music,
musiek,
poems,
sound
Monday, 22 August 2016
ongegrendelde danse
uit hierdie wilde
dans steier ek
die roekelose energie
nog taai om my kuite
spin ek uitbundig in
sirkels met
die onstuitbare pols
wat fakkels deur my are pomp
dit kan net vrugbare
klank wees
wat so lewendig in
my binnenste kom sit
met ‘n indringerige
ritmika
jaag die koors van
die wil deur die klank-tonnels
en hervorm my voete
tot
primitiewe passies
dans
styfgespande spiere
tril ritualisties
soos die
ongegrendelde danse oor die vlaktes skud
waaragtig!
hierdie vasgevange energie ken geen gelyke
die dans praat in
een taal
wat alle lywe kan verstaan sonder serebraliteit
as jy ‘n paar druppels van ware vryheid wil proe
sprei jou lyf oop in Die Dans
unbridled dancing
from this wild dance i stumble
the reckless energy
still clinging to my calves
i spin unguardedly in circles with
the irrepressible pulse that pumps firelight
through my veins
it can only be fertile sound
that comes and sits so alive in my guts
with an insistent rhythmica
the fever of the
will comes charging through the tunnels of sound
and reforms my feet into
primitive pulsations of dance
tautly strung muscles tremble
ritualistically
as the unbridled dancing quakes over the
plains
yes, indeed! this captured energy knows
no equal
the dance speaks in one language
that all bodies can fathom without cerebrality
if you want to taste a few drops of true freedom
spread your body open into The Dance
Subscribe to:
Posts (Atom)


