Sunday 24 April 2011

Die bliksemse wind

Die bliksemse wind hy waai en hy ruk
Wil my sommer van die fiets en die pad af pluk
Hy kom van voor, ja direk van voor
Wil 'n bitter gat in my gemoed deur boor

Ek trap en ek trap, probeer die fokus behou
Maar Jirremia hy hou aan om my spiere te kou
Die N2 verkeer wonder wat gaan aan
Hoekom sal sy nou van haar pedale af opstaan?

Die bliksemse wind maak alles in my los
Wil sommer die muesli van vanoggend uit my tande flos!
Ek swenk die kant toe, dan daai
Hy wil net nie ophou waai

Die bliksemse wind hy waai en hy ruk
Wil my sommer van die weemoed laat stik
Toue, straps, hare en irritasie klap verwoed teen my aan
Maak my lankmoedigheid sommer gedaan

Die bliksemse wind hy kom van doer
Stuur my wilskrag in sy moer
As jy gille van wraak en wrewel oor die vlaktes hoor
Moet jy weet dis 'n girl wat haar composure verloor!

No comments:

Post a Comment