Tuesday 12 April 2011

Nader aan myself

Ons is uur van hogsback en met elke km glip die twyfel in myself van
my af. Die moontlikhede wat ek in my gut ge envision het vir
Afrikaburn word weer lewendig.
Die kompleksiteite van die stad duisel dinge. En ekt tot gister nog
sterk gedink om net die fietsjourney op die tuinroete te doen, skole
te besoek en klavier te oefen, en vergeet van afrikaburn.
Maar nee hoe kan mens van so fees vergeet. Die fees wat direk uit
moeder afrika groei en spat en brand en skyn.
Hoe kan ek van my tong en my lyf se plig vergeet, die plig om die
grond myne te maak, daarin te rol, een te word daarmee. die
feesgangers van die lewe te herinner dat die lyf die tong die mens se
wil die greatste installasie is.
Die lyf brand helderder as wat vuur ooit kan brand.
Laat ek nie huiwer om. Regop te staan op die vlaktes van die karoo.
Die aarde sal nie omgee as ek haar met menswoorde en menslyf celebrate
nie.

No comments:

Post a Comment