Tuesday 19 April 2011

Tweestryd

Wat moet ek maak? Eks op reis op grond met my eie twee bene EN in
woord in klank EN in die kuberruimte.
Ek weet nie so mooi of hierdie manier van kommunikeer van blog en
facebook my helemal oortuig nie. Daar is 'n banaliteit van die
alledaagse daaraan geheg. En dis tog die alledaagse wat my so kan
inspireer.
Ek dink die skuif in my kop het gebeur toe ek sondag meeste van die
friend requests op facebook ge "confirm" het.. Toe moes jy sien hoe
die boodskappe van heinde en verre ingestroom kom.
Wil ek dit alles lees? Wil julle al my verbaliteite lees?
Is leef en asem en vel tot vel aangesig tot aangesig nie die beter weg
om te volg.
Verstaan my reg - daar is 'n aanloklikheid om in hierdie netwerk ou
vriende en kenisse se spore raak te loop.
Maar hoe natuurlik is hierdie verbintenis? Is dit 'n verbintenis?
Hulle se networking is key, maar hoe diepgaande en waarde-toevoegend
is dit werklik?
Vergewe my julle almal daar aan die punte gekleef van my cyber
tentakels; ek trek nie julle intensies in twyfel nie, maar tog doen ek
ook.
Die vrees dat die blacberi my sal infesteer met undesired radiation
kom nie uit airy fairy fear and paranoia nie. Dis 'n eenvoudige
bevraagtekening van die effek van keuses wat ons as mense uitoefen.
Dis hoekom ek reis soos ek reis, leef soos el leef, dig soos ek dig -
ek eet nie alles vir soetkoek op nie. Ek moet bly bevraagteken, ek kan
nie net halsoorkop opgesweep raak met 'n "craze" as ek nie ten volle
die raamwerk en konsekwensies begryp nie.
I do not want to take any living being for granted.
I do not take social networking for granted.
I do not take any commodity for granted.
Thus I will keep on weighing the effect of choices and lifestyle.
You may say, shut up Lara and live the moment, live this social media
thing completely; don't question too much.
Mmm, unfortunately I can not do that. I will challenge customs,
beliefs, "crazes" simply because I want to interact mindfully with the
world AND with myself.
Awareness, wakefulness should not fall to the wayside.

No comments:

Post a Comment