Thursday 21 April 2011

Ek verkies die Afrikaanse weergawe ...

Afrika Brand

Afrika brand weens die vuur in haar lendene
Afrika brand weens die goue velde van haar borste
Afrika brand weens die suurstofryke woude van haar inheemse hart
Afrika brand weens die genadelose droogte op haar tong
Afrika brand weens die herhalende driftigheid van haar liedere

Afrika brand weens die vrugbare oorvloed tussen haar heupe
Afrika brand weens die skugter kyk in die oë van haar koedoes
Afrika brand weens die stille eensaamheid van haar woestyne
Afrika brand weens die onskuld van die energieke polsing in haar are
Afrika brand weens die warmer, stadiger en dieper bewussyn in haar siel

Afrika brand weens die onuitwisbare gees van haar mense


No comments:

Post a Comment