Saturday 13 April 2013

Die soen

ek kan niks anders vind wat beter is as
die soen van jou mond teen myne
met die soen word
ons monde en koppe een
ons weet nie watter lippe watter tong watter tande
is myne
en
watter is joune
om jou te soen is om 'n woudpad voor my
te sien oopbreek in die skemer van die dag
om jou te soen is 'n verrukking wat my hele lyf omswaai
en in 'n heel nuwe wentelbaan gooi
om jou te soen is om myself te verdrink in die kelk van 'n papawer
ek voel die lente deur jou lippe breek
dit proe na koel-soet dou in die vroeë oggendure
jou soen wat liefde so eindeloos spreek dat dit
my hart bont-vol laat staan van oorvloed

Wednesday 10 April 2013

ek kom soek my asem

ek kom soek my asem op hierdie papier
ek kom delf vir 'n bietjie vrede vir my hart
uit  in die oopte verloor ek my bedaardheid
met enige wenteling van die oomblik
ek verloor kop
ek snak na my asem
my keel trek op 'n knop
al wat ek weet
is dat as ek kom skryf
raak dit stil in my
as ek sin maak op papier
dan begin dinge sin maak om my

eenvoud-dig

Monday 8 April 2013


ek wil net slaap
maar hier staan ek
met my uil pantoffels
voor die laptop en
maak sin van die
punt blare wat wieg
in die wind die
hoenderhaan kraai die duif
tortel ek sug en die
rooi kar sny deur
die grondpad en groen
weivelde dit trek my
oog na die bottelborsel
wat net so lekker
aan't wieg is en
ek raak op my
voete aan die slaap
ek moet net nog
een keer kyk na
wat daar so graag
gesien wil word my
oё raak weg in die
jasmyn en die plantasies
en my ore word
ge-abba deur krieke ek
hoor die vlieg agter
tralies ek maak die
venster oop
hy vlieg buitentoe
en laat my
alleen
hier binne agter

Sunday 7 April 2013

First drop

For Kim

Your love
is like that moment
that
first
drop
of
water
breaks through the parched earth

-

You are the beauty of the earth
I want to enshroud you
like
slippery moss

-