laat die digkuns van klip
my wakker klap!
* * *
die stilte druk hard
teen my ore en lyf
ek druk my ore diep die vertes in
ek wil soveel van die niks
deur my troebel holtes laat syfer
en suiwer
Pianist & Performance Poet
water at my back
blue sky up above
i am a drop
contained in
the walls of my mind
crack me
i want to seep into
you
in the water reservoir, Stonehenge, Tankwa Karoo
(in partikulêre orde):
1. om
te toor
2. om
ore en oë tot stilstand te bring
3.
om aandag op die ritmiese tong te vestig
4.
omdat ons ons taal geniet
5.
dit verenig teater en intimiteit
6. digterlike
sillabes op die tong is vergelykbaar aan sjokolade
7. aaaah,
dit is so ekonomies - meeste digkuns benodig slegs enkele asems om lewe te kry
en gee