Monday 31 May 2021

jou borskas

        vir Kim

jou borskas is die perfekte houvas
soos 'n warm rotswand waarteen ek hoër en hoër uitklim

my hart spring met 'n swier uit my ribbes
en kom lê polsend teen jou bors

jou sternum smelt weg
my hart skop nes teen joune
in rooi, nat ekstase 

Tuesday 25 May 2021

word ek 'n groot seilskip

      vir Kim

wanneer ek met jou liefde maak
rys my lyf op uit die harde hoekigheid van die bed
en word ek 'n groot seilskip
my sternum en ribbes waai oop
en bol soos groot wit seile
jy sprei soet en silwer al om my dye
soos die Atlantiese waters met sonsopkoms
my arms en hande is die mas wat in
die fluweel winde van jou liefde
ferm en swierig hoër en hoër uitstyg
en die son van jou oë
duik soos dolfyne in die golwe van my plesier

Saturday 22 May 2021

gedigte gaan haal asem uit my oë

my gedigte is fladderende skaduwees
wat uit my verwonderende skrywershand drup

***

my asem spiraal om my rugstring 
soos die feeskleurige linte om die Mei-paal

***

my oë rol ekstaties in hulle oogkaste
soos 'n rivier vasgetoor in koeëlronde maalgate

Friday 21 May 2021

kyk wat doen ek met woord-kultus

is digkuns nie net 'n eggo-ende spoggery?
'n opstêrse aansittery?
'n grênd verbaal-argitektoniese showdown
om te wys hoe stewig die digter se woordkultus en 
kultuur in haar hart geplant is nie?
ek kan nie help om te dink dat dit meer kere 
'n luidkelige opswepery van stof en wind is

die lekkerste deel van die proses is om die aangepakte korrels metafore 
uit die hoeke van my oë te vryf
 - en nog lekkerder - om die aanpaksels van die vinger te lek 
en 'n paar knarsende byte te gee
en maag toe te sluk
of ver verby die horison te spoeg

Monday 17 May 2021

wilsmoed en instink

haar bene bons in veerkragtigheid oor die aarde
haar gees is sigbaar in haar knieë
dans haar volborstige lus haar verby 
die grense van vel en been

soos sy spring peul vere uit haar porieë
soos sy kruip bloei bosse blare uit haar keel 

haar lyf skud met die instink van vlerke
haar siel sidder met die wilsmoed van boom

Sunday 16 May 2021

polsende melkweg

ek kou my woorde tot in 
krummelende kolletjies
ek span my kakebeen, keel en wange styf
en in een vaartbelynde stroom
spoeg ek my woorde 
dat dit pointillisties in die lug hang

so loop ek deur die dag - 
'n stralekrans van woordkolle wat
soos die polsende melkweg om my hang

Wednesday 12 May 2021

it is not poetry

it is not poetry that climbs
the trees the rocks
it is these fierce hands that grip the elements
in survival lust

it is not poetry that opens the curtains to
the bright new day
it is these joyous hands that
invite the new light in

it is not poetry that cuts the vegetables
and stirs it into soup
it is these nurturing hands that
instinctively feed my hungry body

it is not poetry that opens the piano lid
and practices hours to perfect Rachmaninoff
it is these committed hands that
keep rising and falling in harmony

it is not poetry that caresses 
love into your skin
it is these passionate hands that
know how and where to soothe

it is not poetry that lifts the blanket
to cover my night's sleep
it is these loving hands
that guide me to the land of dreams

             it is not poetry that deserves the adoration
             it is my hands that need that 
             little bit of love that tells them
             it is all right, you have a fine grip on things

it is not poetry that holds this pencil in fiery clasping
it is this single fervent hand
that loyally follows the impulse
of my heart

Sunday 9 May 2021

kom ons praat oor die weer

intelligente mense sê dit is nie smaakvol 
om oor die weer te gesels
maar ek dink dit is bitter opwindend
wat is lekkerder as om te beskryf
hoe sterk en van watter hoek die winde oor my nek waai?
wat nog te sê van die heerlike skyn van 
die son na dae aaneen van reën?
ons velle raak mos opgekikker en 
wakker getoor deur die vingers van die weer
hoe lawend hoe salwend wanneer die reën oor die droë aarde val
en wat van daai wolke wat bly vorm verander en 
my oë toor met draak-, gesig- en seeperdjie-beelde 
wie wil tellie of selfoon kyk as jy op jou rug kan lê en staar na die wolke?!

wie't nou weer gesê moenie oor die weer gesels nie?
ek gaan nie net oor die weer praat nie
ek gaan daaroor sing!
EN niemand gaan die onderwerp verander nie!

Saturday 1 May 2021

poetised spit

i catch all the spit that has been spat with
every poem ever vocalised
and i pour the alchemised liquid into a big glass bottle

this potent poetised spit
has become so sought after
a new world order has been formed around this bottle

the muses are rising from their hideouts 
they're growing human skins
and walking amongst the emaciated poets

a committed and long lasting craze are rippling over the world
a stampede of people are rushing to the poetry readings
and catching the spit spraying from the lips of readers 

the poetry behind the spit starts to rustle in all sorts of ears
the passion in each spit droplet beating and echoing 
its wings against the glass

bottles are shuddering the whole world over
new spitfire poetry 
are igniting within each bottle

one unexpecting day
the lids will be flying open in unison
let me be the first to be splattered by the splendor!