Sunday 16 May 2021

polsende melkweg

ek kou my woorde tot in 
krummelende kolletjies
ek span my kakebeen, keel en wange styf
en in een vaartbelynde stroom
spoeg ek my woorde 
dat dit pointillisties in die lug hang

so loop ek deur die dag - 
'n stralekrans van woordkolle wat
soos die polsende melkweg om my hang

No comments:

Post a Comment