Thursday 1 September 2022

laat ons terugkeer hiernatoe

met die arrivering van die nuwe seisoen
staan ek gereed met vlamme wat warm oor my skeen flits
ek sien ver voor uit in
die onvreedsaamheid van die wêreld
as ek sou bid dan is dit nou
want iets skort in die lewe
die harmonie van saamleef en skep
en mekaar die vryheid van grond en atmosfeer gun

in die uithoeke van ons bestaan sal daar
nog humor moet vasklou om ons siele te red
want as ons eers ons waardigheid verloor het met
die uitwissing van liefde en vrede
gaan ons nie veel hê om aan vas te hou

laat die basuinende klanke van visionêre stemme diep in
die holtes van ons ore vibreer – helder stemme wat
ons uit ons hibernasie sal pluk
en ons bloed die rigting sal wys
en asseblief, herinner ons om te skep in plek van ruineer
en dat dit ook okay is
om te observeer eerder as om te reageer

leef met oop gemoedere en juig uitbundig oor
al die passievolle mooi wat
pols en groei uit hande en monde
laat ons nooit ophou leer
laat ons bly kyk na die groei van
die sade in en om ons
laat ons sonder voorbehoud wortel en blaar spruit
wat van lig en son
skadu en vorm sal maak

laat ons terugkeer hiernatoe:
die eenvoud van skep
laat vaar die kompleksiteite en hoogdrawendhede
stroop die skeppingsdaad tot iets
so vaartbelyn en ongerep
dat ‘n enkele resonans die iris van die hartsoog
sal laat oopblom en tot verligting ruk

Tuesday 30 August 2022

dolosgooier van 'n gedig

I

die ambisie van die gedig is so indringerig
dit laat my nie toe om oor te
gee aan ‘n sukkelary nie
so 'n waaragtige astrante houding
het hierdie woordkuns!
ek probeer my skaar met
‘n hardvogtigheid
probeer anderkant toe kyk
maar nee! die kleine lettertjies
kom sit met alle mag
so grieselig in my kop
en kom lek hier by my vingers uit

II

ek het al vir jare die voorgevoel gehad
dat hierdie gedig haar verskyning gaan maak
meer as ‘n verskyning
is dit ‘n harlekinade
met al die gekskeerdery en geverfde gesigte
ek weet nie wie spot met wie nie!
dit is asof ek kompeteer
met my sinne in die verspring-pit
die stof spat al om ons enkels
maar ons wedywer vurig met mekaar
beide wil die ander een ver uit-spring

III

die kuilvoer word so gistig en suur in my kop
selfs die blêrende skape in
my stompe en passiewe gedagtegang
wil nie eet daaraan
ek kyk verlief na die moepel
en lê my warm lyf teen sy stam
“hoe wild en vry groei jy nie!”
en so dompel die natuur my in die romantiek
van haar polsende hart
ek pluk verwoed al die wilde-als
al om my enkels en
kook dit op in ‘n swetende en swetsende tee
selfs die kakkerlakke laat vaar hulle
alewige geskarrel en kyk my verbyster
aan hoe ek die bitter van die als in my keel
afstort
inderdaad – hierdie passie om kruie-gesond te leef
is vir meeste doemwaardig
hulle dink die pluk van blare is meer grusaam
as die moordpleeg van bloed en siel-diere
aai, sekere idee’s moet net in die son
bly lê en verskrompel

IV

die dae se skarniere verslyt
met elke sonsopkoms
maar die gedig bly om die dolosse te gooi
hardnekkig in haar gewoonte om
hier in my nek te blaas
as gedigte maar ‘n blywende effek kon blaas
en die koersskommeling tot ewige stilstand ruk
sal ons dalk koebaai sê vir
die weghardloop-verbeelding van geld

V

die dolosse ontaard in vonk-proppe
wat mekaar begin jaag in
die hippodroom van my kop
hulle begin lyk na artisjokke op hitte
as daar maar ‘n hofmaarskalk was
wie ek kon roep wat vir my in die bresse kon tree
maar, nee, ek is op my eie

VI

ek gaan skaar my by die vrouens in die harem
en vra hulle of hulle ook so verlei word deur die Woord?
nee, sê hulle, maar hoekom probeer jy
nie ‘n ontwapeningsveldtog nie?
haai, ek het nooit daaraan gedink nie
die geheim van hierdie driftige aanteel van woorde
deel dieselfde lankmoedigheid aanwesig in stalaktiete
‘n stille, onopmerklike groei
hoe kan ek hulle nou ontwapen?
wat is die wapen wat ek voel op my geteiken is?
ek gee moed op
ek gaan slaap met ‘n ellelange hanglip
en hoop die aand gooi nie
nog dolosse in my half-wakker drome nie
al wat ek kan doen is om op my tande te byt
en te hoop niemand sien my dolsinnige gryns raak
een greintjie van ’n kyk in my rigting
sal jou in ‘n sout-pilaar verander
al hoe ek hiermee leef is om deur die dag so
hiperbeleef as moontlik te loop
iewers sal die gedigte se gedrag raffineer
met my invloed
en die harlaboerla van hulle ledemate en tonge
tot orde roep
en soos die moeder-owerste sal ek hulle
siele deur ‘n ring kan trek
so netjies en heilig sal hulle voor my staan

VII

teen hierdie tyd sal die gedig
die stadsvryheid verdien
en vry deur die strate wals
en enige kafee inloop en homself knuppeldik
aan die atjar eet
die burokrate sal met nuut-ontdekte ywer
die verse se skoene poets
en die posmeester sal teen geen tarief
die digkuns aan elke lid van die wêreld pos
nodeloos om te sê
die poësie sal ‘n groot hawiksneus groei
en homself luid op die skouer klop
en trots elke kruiwa vul met leestekens en sillabes
en die bakstene en sement vervang met dit
wat meer sin maak
met die gedig se pralery
sal hy homself oortuig dat hy
skuiling en warmte kan bied vir die massas

VIII

en so gooi die gedig haar dolosse
selfs in die aspidistras en krisante
dit help nie ek is ‘n suurknol
vier fees saam met die verse se
brutale parmantigheid
ek kan seker net gulhartig daarvan afkom
dit help nie om hulle misbaksels te noem
of die hoof-inhoud van my ontlasting nie
laat ek eerder bieg dat hulle soos
pypkaneel en die geelste borrie
goed is vir die selle
elke dag wiegel hulle voor my oë
met hulle volywerigheid
hard aan die werk om
my uit te daag met die beste van
harsinggimnastiek

Monday 29 August 2022

klitsgras van die kundige letterheid

die kilte van die klitsende wind
karnuffel my sintuie
dis kompleet asof konyn-agterbene 
in my kieste groei
en ek die klitsgras van die kundige letterheid
klutskwyt spring

Thursday 25 August 2022

oseaan is 'n gevoel

en aan die begin was die gevoel
en die gevoel het idee geword
en idee word woord
en woord word tong
en tong word sprong
en sprong word sweet
en sweet word reën
en reën word oseaan

Tuesday 23 August 2022

sugte

die golwe kom uitgerol
soos sugte uit 
die kieste van die see

Monday 15 August 2022

verstrakte soetheid

dis net ek en ek en ek -
die trio wat alewig hier om die heuningkoek van my woorde hang
ek wag dat die son van 'n metafoor oor die verstrakte soetheid sal val
en stroperig die rymelary van my vingers sal drup

Sunday 14 August 2022

net soos die wind

net soos die wind
sal die hardkoppigheid
van die kreatiewe verstarring gaan lê

Saturday 13 August 2022

ek wil net wil

ek wil net wil
dis al
om te wil
is genoeg
wil wil WIL
oorlewing se kernwoord

om te wil 
is om sukses halfpad te ontmoet
om te wil
dui op 'n vonk
'n lus
'n oortuiging
al is die wil hoe fluisterend

ek wil net wil -
dit my grootste oorwinning vandag

Tuesday 19 July 2022

dikwels

dikwels voel dit dat ek liewers my serp
'n honderd keer wil opvou as
wat ek 'n gedig wil skryf

Friday 8 July 2022

straws

maybe words are not my medium anymore
are they only straws
brittle straws
i am clutching at?

Friday 24 June 2022

Nog twee Tankwa gedigte

net ek en kilometers klipland
laat die digkuns van klip
my wakker klap!

* * *

die stilte druk hard
teen my ore en lyf
ek druk my ore diep die vertes in
ek wil soveel van die niks 
deur my troebel holtes laat syfer
en suiwer

Thursday 23 June 2022

geharwar

ek beur deur die dik geharwar van
die inkonsekwensie
van woorde

Wednesday 22 June 2022

tuit

my pen se ore tuit
gulsig om elke lettergreep in
die wind op te slurp
voordat hy in sy besinning
begin vas-ink
vers-sink

Tuesday 21 June 2022

Twee Tankwa gedigte

ek laat die porieë in my siel
wawyd-oop waaier
laat hierdie groot stilte
hierdie groot landskap
my deurweek

* * *

en die son skuif horison toe
die woorde steek vas
soos dons tussen die doringtakke

Monday 20 June 2022

skin of my poetry

write through the doubt
the losing of faith and mind
write the goosebumps back
into the skin of my poetry

Sunday 19 June 2022

son

in die son is waar my vel sin maak
klip water wind gee 
my vel 'n gevoel van tuishoort
maar o, dit is die son 
wat die sintaksis van my sintuie herrangskik
en nuwe toortonnels uitdelf
en die oorlewingsdrang omskep na 
oorlewingslus

Saturday 18 June 2022

know

do not give up or dismay
the little wisdom you acquired yesterday or 20 years ago
always keeps on growing and expanding
and one day your lucky stars
will shine over you like
that beaming star
over the Wise Women's horizon
and you will know
what you have always wanted to know
and know gladly what you feared to know
and unknow what fixated your brain
into the abyss
and unknow the inadequacies 
you thought you knew well
but which was not from knowledge
but gutless and irreverent delusion
so please, do not give up or dismay
the little wisdom you acquired yesterday or 20 years ago
will always keep on growing and expanding
and one day your lucky stars
will shine over you like
that beaming star
over the Wise Women's horizon

Friday 17 June 2022

Scaramouche

my vers voel dikwels soos die flopnek Scaramouche
trots en parmantig wil sy haar kleure en sjarme afwys
maar dan kom Harlekyn en boks haar nek- en neuswerwels los
dat alle drome van digterlike transendering
uit haar oë spat en in die stof tot in die verdrietige nietigheid
w e g s y f e r

Thursday 16 June 2022

deflated

some people live like
deflated tyres
sloshing over the gravel
loosing grip 
and just do not feel the ochre beauty
of the soil under their feet

Wednesday 15 June 2022

poorte van die digdom

om deur die poorte van die digdom
te loop met parate oë
vlymskerptong
dawerende voeteslag
om solied my staan te staan teen
die alewige gemarsjeer van die pedante

Tuesday 14 June 2022

dive

the vertigo in my head 
spells a melancholia
that wants to dive itself 
dry 
in the wild 
entanglement 
of 
the ocean

Monday 13 June 2022

seekat

i

soos ek klavier speel verander my vingers in
die pote van ‘n seekat
my vel flits kwiksilwerend in kleure wat
flambojant vlamme oor die klawers verf

ii

en skielik word my hart die pylende lyf van
die seekat wat oor jou vel
dartel en suier
suier
suier
die einste kleure en teksture van jou vel en
wese aanneem
ah as my hart jou seekat kon wees
sag en suierig in my liefde op jou sit
saamsmelt in jou lewensvorm
en niks of niemand my daar sal afpluk
en onder die vergrootglas van die wysneuse
oopspalk nie

Sunday 12 June 2022

Lara Kirsten on piano

I am reminiscing on past concerts. I performed the last concert of my program The Resonating Pulse at the Tatham Gallery. I fondly remember this poem written to me that day by poet Bruce Haynes.

She sat, fingers pulsing the keys
Of a Shigeru Kawai piano
Bathed in the natural light
Of Pietermaritzburg's Tatham Art Gallery
On an October afternoon
Brown hair cascading down her back
With a feral intensity
She told us about playing piano in a sandstorm
In the Tankwa Karoo
At AfrikaBurn
I realised then
That Lara the poet-pianist is
Part landscape
Part human
Some indomitability of spirit
Some surge of will
Some vast dry landscape living through her
Weathered orange rocks and hot sand
And, above it all
A charged electrostatic sky
A promise of rain.

 - Bruce Haynes
October 2018

Thursday 9 June 2022

ek wil

ek wil 'n gedig skryf wat soos 'n harts-
verrukkende akkoordprogressie
deur my siel sal breek

Sunday 5 June 2022

ride like

ride like the powerful surge and 
swell of the white-foam breakers
cycle dance think write play
into the exquisite pull of the ocean

Saturday 4 June 2022

Through Lara's Gift

I want to share a poem - for a change written not by me - but by friend and fellow-poet Bruce Haynes. He wrote this during a recital I gave of the 10 Pieces collected in the EUSA album by Yann Tiersen in 2017. This week the poem has been calling me again. 
I have such fond memories of that performance in Hilton, KwaZulu-Natal. 
I have read it in subsequent performances of these pieces. It never ceases to pull a few gasps from the audience.
Bruce, this poem keeps spreading its ripples. 
Thank you. 

Through Lara's Gift

I wondered then
At the spread of pattern
The melodies mimicking
The sea
Bird cries
The song of rock
Surf spray
Small spreading leaves and tufts of grasses
An orchestra of wind
Pebbles tides           waves.
Horizons.
That Yann Tiersen's pattern
Of sound through time
His sculpture of crying notes
And scales. His tides of melody
His currents of music and soil
Slowly building over time
His springs and storms and rains.
And silence.
That this pattern
Could hatch itself on the ledge
Of a piano. And spread its wings in a heartbeat
Of fingertips. Of muscles dancing in prayer.
That an island
Could live like a sob in my chest
A migrating bird
Criss-crossing the world to nest between pianists’ fingers.
I can only lie prostrate
Before the algorithm of evolution and whisper
It works
Let it spread.

Poet - Bruce Haynes

Written during the performance of Yann Tiersen’s EUSA by South African pianist Lara Kirsten

Thursday 2 June 2022

dig voort!

in my woord 
soek ek dikwels 
'n mooi akkoord
daai klinkende soort 
wat in die oor hoort
en omskep word 
in 'n rype vrugteboord 
en onverstoord 
enige gedagte van self-moord
wegwys na die poort 
van die vakansie-oord

bind die woord 
al singend om  
my stem-koord
en dig voort!

Tuesday 31 May 2022

onbeskryflik

my digkuns is so spontaan
dat ek nie eens die potlood hoef 
vas te hou vir die skrywersdaad nie

die poëtika rank lowerryk om die potlood
my vers neem die potlood in eie hand
en druk haarself uit
sonder menslike intervensie

suiwer onbeskryflike digkuns 
dwarrel deur die lug

menstong 
menshart 
staan opsy - 
julle sal net 
die poëtika
ver(d)raai

Sunday 29 May 2022

i am a drop

water at my back

blue sky up above

i am a drop

contained in

the walls of my mind

crack me

i want to seep into

you


in the water reservoir, Stonehenge, Tankwa Karoo

Saturday 28 May 2022

patterned and unpatterned

always the expectedness and 
the unexpectedness 
in
the temperaments of the Seasons

patterned and 
unpatterned
it chases 
our bones 
into
startled survival

Wednesday 25 May 2022

open

every little poem of mine
is a showcase of
how open [or closed]
my eyes are

Tuesday 24 May 2022

Poetry, why I love you!

intimate maximisation
minimalist exaggeration
credible contortions
succinct vastness
vicarious viscerality

Monday 23 May 2022

hoekom praat / skryf ons in digkuns?

(in partikulêre orde): 

1.       om te toor

2.       om ore en oë tot stilstand te bring

3.      om aandag op die ritmiese tong te vestig

4.      omdat ons ons taal geniet

5.      dit verenig teater en intimiteit

6.      digterlike sillabes op die tong is vergelykbaar aan sjokolade

7.      aaaah, dit is so ekonomies - meeste digkuns benodig slegs enkele asems om lewe te kry en gee


Sunday 22 May 2022

fluweel vlerke

ah woorde kan met sulke verleidelike fluweel vlerke
teen die binne wande van my mond stryk

met net ‘n paar subtiele kontorsies van lippe en tong
skep ons wonder-sillabes wat bekoor, verlei, vermaak

die toortonnel van die mond
die magiese grot
die kolkgat waar die woorde geslyp word
tot perfekte koeëls van klank wat
vaartbelyn die oorwande kwes

Friday 20 May 2022

our love be

our love be oceanic in its expression
our love be kelpforests in its breathing
our love be oysters in its gripping survival
our love be the wild springtide in its ecstasy

Wednesday 18 May 2022

rocksolidbodem van die Liefde

die gevoel van ons liefde
skyn deur my hart soos sonlig wat 
deur die laatmiddagsondeurdrenkte
seebamboeswoude pyl - 
hemels     penetrerend
asemrowend         bekorend

ek swem met verwonderende oë deur 
die bamboes van ons verrukking
seebamboes wat met soveel veerkragtigheid
die getye deurstaan en 
bly klou aan 
die rocksolidbodem van 
die Liefde

Monday 16 May 2022

ontdigtering

my hart tattoëer alewig poësie oor
die binne-kurwes van my ribbes
my hand is te onkundig om die lyne te vertaal
ag, komaan harts-ink!
verf deurdringende siklone deur my are
laat dit in wondermerke op my vel uitslaan
sodat die hele wêreld my ontdigtering kan sien!

Sunday 15 May 2022

Ritme van Drie

sien jy nou?
wat van my?
vat hom vas
kom gou weer
as-se-blief!
ko-maan nou!
luister jy?
dans met my
roep my naam
hoekom nou?
ek skuld jou
dankie tog!


ek is hier

. . . 

tik tik tik
my pen drie keer op die blad
ek meld myself aan voor die woord-muse Calliope
julle kan my afmerk op haar roll-call-lys
ek is hier om in digte
ligte laaie op te styg!
 

Saturday 14 May 2022

praat nie in metafore

die stem in die binnekamers van my siel
praat nie in metafore
metafore is oordrewe leuens
opgetofde leuens
skouspelagtige leuens
my ore hoef nie in ompaaie te luister nie

ontsluit my stywe kakebeen
ontkoppel my tong
my oordromme is gereed
om deur die onopgesmutkte di di di
digkuns
getref te word!

Friday 13 May 2022

i wish my love for you to be an abundant bean harvest

   for my Darling!

i wish my love for you to be an abundant bean harvest
beans overflowing the palms of your hands
beans cascading over your baskets and basins
beans jumping for joy in their ebullient buoyancy

only as the beans plop down in the water-filled cooking pots
do they settle down to lie and 
soak in their serene bean-ness
surrendering their nourishment to our hunger

i wish my love for you to be an abundant bean harvest
beans overflowing the palms of your hands
beans cascading over your baskets and basins
beans jumping for joy in their ebullient buoyancy

oh, how naughtily each bean smiles through its little navel
as they career down to our tummies
glowing in the knowing that they have infiltrated us
and will make us satisfied and complete human beans!

i wish my love for you to be an abundant bean harvest
beans overflowing the palms of your hands
beans cascading over your baskets and basins
beans jumping for joy in their ebullient buoyancy

die superheros van die digterlike hongersnood

ek hou my pen dop
gevries in tyd staan hy teatraal in sy heroïese postuur
nes die houding van strutting superheros
op hulle reklame plakkate
skielik wapper 'n swart jas om 
die skouers van die pen
groot stewels om sy voete
kyk hy my uit met oë wat 
ver in die gedig se toekoms tuur

die fokus zoom in op die penpunt 
so klein en dun
amper niksseggend in sy skraalheid
dit is uit daai einste punt waaruit
die allesseggende gravitas van 
die poëtika met singende spiere aangehardloop kom
en die verwarde hart van die digter sal red

bly hande vashou met my penne
- die superheros van die digterlike hongersnood!

Tuesday 10 May 2022

Tequila meditasie

ek gee nie om wat die puriste sê nie
maar ek gaan nou 'n glasie tequila sluk
en op die maat van my beswymende hartklop
en singende asem sit en mediteer

aaah, die mees asemrowende insigte
kom land op my tempels!

Saturday 7 May 2022

ek is uitgetiep oor die afgrond van jou verbeelding

om te weet die oë van jou het op die woorde van my geval
maak elke gewrig in my sintaksis ontkoppel

ek is uitgetiep oor die afgrond van jou verbeelding - die ekstase!
die hart wil nie bedaar

ek staan kaler as kaal voor jou
en dis nie skaam en wegkyk
maar diep in jou onbegrensde oë inpyl

ek sien
jou
raak

en die sien
raak
jou

met ons siele bou ons metafore waaroor ons na mekaar se digte takke klim

jy is 'n gety wat deur my pols
en die slapende wildheid in my wakker maak

god dank vir aanraking
en
invloed!

my tong het reggemaak vir 'n forever stilte
en toe kom jy

en ons weet goed
aangeraakte organe staan
penorent

en skielik maak
oorlewing weer
sin

ek wil in alle naaktheid voor jou staan
niks anders sal sinmaak

Friday 6 May 2022

ten fingers run roots

ten fingers run roots ravenously through the keys
radiate with filigree ferocity over and
through the hundreds of strings
splinter the iron frame and explode the
sound in the forests of your hearts

rippling revelations reveal revelries through the arteries
of the resonating rotations of sounds
rebellious racy rollicking rollercoastering
in the palms of my restless hands
i hold rising cyclones of resurgent risorgimentos 
and resplendent resplurgences

i bow in reverence of the sound
the sound that heals me
the sound that breathes me

Thursday 5 May 2022

her only wish

over the poised core of
the boy
  the rose
the ocean
  the stone
the tree
  the dance
the spine
  the raindrop
the tongue
          comes rising her eye

her only wish

to peer
  the eternal
breathless
           gaze

Tuesday 3 May 2022

vanoggend het ek van jou gedroom


        vir Kim

vanoggend het ek van jou gedroom
jou tong was so koel en tuimelend
soos ‘n waterval diep in my mond

liggaamsdele en tonge is bekend in my drome
maar ek kan nie onthou dat ek vantevore
gedroom het oor ‘n sensasie van temperatuur nie

die koelkoelerkoelste tong het jy teen myne gelê
- wat a verruklike siddering skiet deur my nek -
jou tong het so helder en kabbelend gevoel
soos die water van ‘n bergrivier

die sagte nat koelte van jou duikende tong
het die donker poorte van my wese
met sy groot skag lig oopgekalwe

       nou loop ek die res van die dag met
       hierdie droom-deurdrenkte keel
       my oë wil net terugkeer na slaap
       my lyf is warm en nat gesweet
       my dye wil onder my insak

        sedert die droom
        is dit net my tong
        wat koel en standvastig voel

***

i dreamt of you this morning

     for Kim

i dreamt of you this morning
your tongue was so cool and cascading
like a waterfall deep into my mouth

bodyparts and tongues are familiar in my dreams
but i can not remember that I have ever dreamt
of the sensation of temperature before

the coolcoolercoolest tongue you laid against mine
- what a thrilling shiver shot down my neck -
your tongue felt so lucid and susurrating
like the water of a bright berg-river

the soft coolness of your diving tongue
carved open the dark corridors of my being
with its great shaft of light

       the rest of the day i have been walking
       with this dream-endrenched throat
       my eyes want to return to sleep
       my body is warm and sweaty
       my thighs want to collapse

       since the dream
       it is only my tongue
       that feels cool and grounded today

Friday 29 April 2022

Ode to the Mango

Oh Mango!
i just ate the best specimen of you today
i can die a thrilled and exhilarated human being!
Oh Mango - delightful sister in the Anacardiceae family -
you are soil sun forest and nectar gloriously fused
there is no other fruit like you
you bring out proud and unashamed selfishness in me
i want to eat you all alone
you are made to be eaten in your exotic entirety
juicy and messy
even when i slice off your skin
i dig my teeth inside each peel
to run the very last sweetness of
your exquisiteness over my tongue
i can only be so patient and civilised
soon i throw the knife clatteringly into the basin
i grab hold of you with my two adoring hands
Oh Mango! 
i sink my teeth deep
thrusting close closer and closest to your heart
i suck and pull at your clinging fibres
there is a leafiness
an earthiness
a primordial forestiness
that nestles in your flesh
i try to capsule your inimitable aroma with my tongue
i want to shackle you to my throat
you are sweet sun incarnate
oh drip down my throat forever and ever
let my uvula turn into the branch of a tree from
where you can hang your volcanic flavour and
lava over the voraciousness of my ravishing
Oh Mango!
you have gravitas
you have presence
you have boldness
you have splendiferous explosiveness
when i peel you it is like pulling the trigger from a grenade
but the explosion is not bloody and damaging
it is healing binding connecting
my every tissue into a wholeness of harmony
i do not dismay when your fibres cling between my teeth
i do not grab for the floss
i let the last signs of mango
turn my teeth into flying buttresses and
my tongue into singing spires
Oh Mango!
you make my mouth rise
like a grand cathedral from
your radiant revelations

Thursday 21 April 2022

Friday 8 April 2022

my ears stare

my ears stare
into
the distance
trying to grab hold
of
the furthest




silence


1 April 2022, Tankwa Karoo

Wednesday 6 April 2022


my poem is a white-flanked springbok

that leaps from your groping eyes


April, Tankwa Karoo

Tuesday 5 April 2022

vat

hierdie aarde vat die woorde
uit my mond
hierdie son vat die oortuiging
uit my lendene
hierdie wind vat die klop uit my ore

my lyf is 'n leë kalbas

April, Tankwa Karoo

Monday 4 April 2022

hiding

i lift every tankwa stone

looking under each of them

somewhere my writer's confidence

must be hiding


Sunday 3 April 2022

the silence

the silence

echoes

through 

the hollows of

my skin


the silence

cradles

my ears

into

yawning 

oblivion


the silence is so thick

when i stick my tongue out

i trip over myself


April 2022, Tankwa Karoo


Saturday 2 April 2022

the sun

the sun loves us more ardently 
in the Tankwa
feel how passionately
he kisses our forlorn skins

April, Tankwa Karoo

Friday 1 April 2022

float

my [scattered] thoughts

float on

the [togetherness of]

water


1 april 2022, Tankwa Karoo

Monday 21 March 2022

drup

drup   drup   drup
die digkuns soos die
drup   drup   drup
van my lekkende stortkop

maak nie saak 
hoe styf ek my oë en ore toedraai nie
die digkuns bly
drup   drup   drup

Sunday 20 March 2022

geen-etika

vaders en moeders dra kanker oor aan
hulle kinders deur 
die geen-etika

geen deernis
  geen aandag
   geen liefde
    geen komplimente
     geen aanvaarding
      geen feesviering

asseblief stop die vloei van hierdie geen-etika!

Friday 11 March 2022

hierdie verlange

hierdie verlange sit reg hier tussen my kiestande
verlange so helder in sy newelagtigheid
verlange so vormvas in sy vormloosheid

ek kan daarop kou
maar dit breek nie in kleiner stukke op nie
ek kan dit nie weg maag toe sluk nie

soos ‘n oop stuk veld
waardeur ek met my oop mond hardloop
en nie die son of die gras of die grond kan ruik nie

die verlange is ‘n groot onoplosbare stuk leegheid
wat hol kolle teen
my oogballe ets

dit help nie om my oë toe te maak
die kolle glip af na my voete
ek dryf deur die dag op hol voete

hierdie verlange so vormvas in sy vormloosheid
so helder in sy newelagtigheid
my kiestande kan nie meer kou –

die verlange
het holtes in hulle ook
gevreet

Thursday 24 February 2022

murmuration

    for Kim

when you kiss me
a murmuration of swallows
break through
the summer skies
of
myour mouth

Friday 18 February 2022

Tannie Lau

Laura Louise Kirsten (16 November 1940 - 25 Januarie 2022)
Rus in Vrede Tannie Lau

Tannie Lau,

Deur die hartseer sit en dink ek aan die lekker herinneringe van jou

Jy het altyd die lekkerste verjaarsdagpersente gegee
en die mooiste kaartjies geskryf – elk van daai kaartjies nog in my laai weggebêre

Ek was jou spykerboud
Ek was ‘n baie skaam kind, nie gemaklik met meeste mense gevoel nie
maar met jou het ek veilig en onskaam gevoel

Jy het die heerlikste skons gebak
Soms met die room in jou mou weggelloop –
jy onthou?!
Tot vandag toe onthou en lag ons Tannie Lau

Jy het vir my en my tweelingboetie toorwêrelde oopgemaak
Wêrelde vol dwerge, elwe en drake
Jy het geweet hoe om ons verbeeldings te verryk en te vonk

Jy het my die woord djollie en voortvarend geleer

Hoe kan ons jou breiwerk vergeet – al daai pragtige truie en komberse
wat ek al die jare gebruik en uitvou
Ek gebruik nogsteeds die badhanddoek waarop jy my naam borduur het

Hoe jy my skryfkuns soveel aandag gegee het, en my so aangespoor het –
Al gaan dit moeilik, bly skryf Lara, bly skryf
Aai, hoe ons saam kon blaai deur Krog en breytenbach en opgewonde raak oor die mooi en die swaar in die lewe

Hoe meer ek onthou hoe vlakker kom sit die trane

Jy het altyd uitgevra hoe dit met my musiekloopbaan gaan
Jou glimlaggende mond het geskyn met trots met elke konsert waar jy my gehoor het
Jy het ook nie geskroom om hardop te spog met jou klavierspelende niggie nie

Daar was geen huis wat soos joune geruik het nie – so besonderse mengsel van verf, en laventel en mint
Ek koop die laaste twee jaar ‘n deodorant wat presies soos jou huis ruik
Ek dra jou onder my arms, tannie Lau!

Ek sien jou sproetarms , jou mooi gesig, jou sterk lyf
Jou hande en naels

Jou uithouvermoë, jou aanhou en vasbyt. Dit dra ek soos goue lesse op my eie lewenspad
Jy was sterk, onafhanklik, gedetermineerd
Al was die lewe nie maklik, het jy altyd kleur en humor om jou drapeer

Dankie Tannie Lau dat jy uitgehou het tot ons jou nog een laaste keer kon sien

My boetie sê jy was ‘n Awesome Tannie
Ek stem volhartig saam
Ons beste enigste bloedtannie
ons kunstannie
ons hartstannie
Ons sal jou in ons harte bly dra

en om af te eindig: op my laaste verjaarsdag kaartjie wat ek van jou gekry het, het jy die gedig van Wang Chien vir my aangehaal, en nou roep ek jou daarmee aan:

ek gaan elke dag uit
na die stadshekke
op die uitkyk vir jou koms
ek neem ‘n fles wyn saam
in geval jy dors is
o! dat ek die oppervlak
van die aarde kon krimp
sodat ek jou skielik
langs my kan sien staan

17 Feb 2022