Saturday 13 August 2022

ek wil net wil

ek wil net wil
dis al
om te wil
is genoeg
wil wil WIL
oorlewing se kernwoord

om te wil 
is om sukses halfpad te ontmoet
om te wil
dui op 'n vonk
'n lus
'n oortuiging
al is die wil hoe fluisterend

ek wil net wil -
dit my grootste oorwinning vandag

No comments:

Post a Comment