Tuesday 30 November 2021

ek dans

ek dans te midde van die beperkinge wat ek in my lyf voel
ek dans te midde van my hart wat wil breek in 'n lompe sprong
ek dans al dam die trane op in my oë oorlat 
die dans-opleiding verby my gegaan het
ek dans teen my onvolmaaktheid in
ek dans my verstrakte longe en ribbes los van die jarelange hoesery
ek dans omdat dit my menswees sonder fieterjasies uitbeeld
ek dans omdat dit my onbeskaafd beskaafd laat inpas in die wêreld
ek dans omdat dit my gees op haar vryste vry laat voel te midde van 
die verwarreling van die vertwyfeling
ek dans omdat dit my reguitste reguit pad is na my siel

i dance

i dance regardless of the limitations in my body
i dance regardless of my heart breaking because of an awkward leap
i dance regardless of the tears that well up in my eyes because
of the dance training that passed me by
i dance against my imperfections
i dance to release my strained lungs and ribs from yearslong of coughing
i dance because it reveals my essence
i dance because it makes me fit into the world in an unrefined refined way
i dance because it makes me feel at my freest free amidst
the confusion of the despairing doubt
i dance because it is the straightest straight path to my soul

Monday 29 November 2021

the irrepressible cyclones

oh how i love the dance of words in my jowls

what is spoken word

but a rhythmical beating of the tongue
against the drum of the palate and the lips
surges of air that thrill the throat into resonance

the revelation of poetry happens in pulsations as 
the meaning unfolds like your heartbeat climbing 
over the spine of mountain

it is through rhythmical thinking that we reach 
the radiant meaning of a deeper sense 
that churns the irrepressible cyclones of poetica

in plaas van

in plaas van die muse
kom land die somer-vlieë op my papier

Sunday 28 November 2021

surrender

i surrender my body, my tongue
my spirit to 
the full, complete and
proud artistry
of being

Saturday 27 November 2021

dieselfde ou deuntjie

kan ek kom skuiling soek
in die helder donkerte van die gedig?
ek het geen koplamp, kerse, maan of sterlig nodig
om my weg te sien 

agge nee!! verval sy alweer in die ars poetica-groef?!

is digkuns 
waarlik digkuns
as die digter óór die digkuns dig?
'n diepe wroeging oor hoe en waarom 
die digkuns spruit

wee, o wee, dieselfde ou deuntjie van
die self-reflekterende gedig:
alweer die arse poetica wat
in sy eie hol op kyk
en wonder vanwaar kom
al die kak vandaan?

Friday 26 November 2021

nooit ooit

moet nooit
 ooit
  die gedig soos
   'n mannekyn laat voel nie

gee hom 'n hart òf  
       'n glimlag òf 
          'n traan

Thursday 25 November 2021

seën die lyf

      is dit balans wat die dans laat gebeur,
      of van balans af?
            - Charl Pierre Naudé (uit Klassieke tweespraak)

die dans sypel uit my selfs 
voordat ek 'n voet neersit

seën die lyf wat
die dans met gebalanseerde onbalans deur
die are van die siel pomp

bless the body

       is it balance that makes the dance happen,
       or off-balance?
          - Charl Pierre Naudé (from Klassieke tweespraak)

the dance seeps from me even
before i have put down a foot

bless the body that
pumps the dance with balanced imbalance through 
the veins of the soul

vermom

ek vermom my woorde in plegtige fieterjasies
probeer so pligsgetrou om hulle kwesbaarheid in parentese te plaas

ek wens daar was meer skoorsoekers wat hulle neuse
kom indruk in my digkuns en die skoor uit my verse snuffel

Wednesday 24 November 2021

voetsole en voetsiele

hoe mal is ek oor die gevoel in my voete
as hulle hulle staan so ferm staan
so diep in hulle spoor trap

my gunsteling oomblik is wanneer ek
iewers deur die loop van die dag
so spontaan en onverwags tot 
stilstand kom op die bol van een voet
en met 'n veerkragtige vonk fokus
al my lewensenergie in my voetsool

ek weet sonder twyfel my siel 
loop in en uit by my voete

Tuesday 23 November 2021

inglip

al die jye dans met al jou gesigte voor my
die lig die skaduwees 
die hoeke van die water
die dag se gees 
die lug se reuk
die blomme se stemme 
die hare se val
die emosies verborge agter ons warm gewillige organe
vul in die gapings wat altyd wil inglip tussen die liefde

Escher tuimel in die digtersharte

ek wil 'n gedig skryf 
wat soos Escher
jou kop en lyf laat dryf 
op met die trappe af
wanneer jy dink jy rym na regs 
gooi hy jou radar na 
links
jy dink jy het gaan visvang
en nou sit daar 'n voël in jou net
die dubbeldwarsterugspieëling van metafore
die interweef van dimensies
kruisbestuif die oorvleueling van persepsies
en soek nie om die positiewe van die negatiewe te onderskei
hulle is gesmelt in dieselfde gesig van die munt
'n gedig met geen begin of einde
'n oneindigende verdraaiing en intolling van 
'n duisend digtersharte  
wat jou dieper en vlakker 
verder en nader bring aan die perspektief
jy bly jou inasem uitasem 
terwyl jou vryheid verstrengel lê in 
die labirintynse arms van hierdie vers

vloeibare naelstringe

dit is asof die seegolwe hier by loverscove in hermanus
voller lewendiger ontstuimiger is -
grootse woelende borste
van ‘n melkdraende mamma

ek spring al skreeuend
teen die golwe op
lag duik rys buite myself

o see, jou wonderlike ding!
wanneer jy my so uitstoot oor die strand
laat jy my eers vir ‘n oomblik uitstyg met jou golwe
oooooh al hierdie vloeibare naelstringe
wat my aan die aarde
die oseaan
en myself
laat behoort!

Monday 22 November 2021

ek sprei my hande oop

ek sprei my hande oop
gereed vir die magtige vers
om op my palms te land

                   onthou jy, ek het dit al vantevore gedoen

geen papier of skerm het ek nodig 
om my woord mee vas te vang
slegs die holtes van my hande - 
daar is genoeg lêplek 

geen helder lig wat my woorde sal verblind
geen hoekige snydende papierkante 
net my vlesige gloeiende hande
wat te bly raak wanneer die poësie 
binne hulle gebore word

dankie

ek wil vir die oomblik dankie sê aan my wil
sy wat my pendulum soos wind oor die vlaktes
my wil wat wilsmoedig 
die spiere van my metafore 
styfspan in die vaartbelynde naelloop na 
die rymende hart van my vers-sotlikheid

Sunday 21 November 2021

pouse

kan ek nie net 'n stil digkuns skryf nie?
geen woord
geen klank geen kreun
geen hyg geen sug
geen asemsnak
geen angstigheid om by die punt uit te kom
digkuns wat doodeenvoudig
niks sê nie
dít sal baanbrekend wees
geen afmeting van of 
aanvoeling vir pouses tussen raserige woorde
net een groot pouse moet die gedig wees
ek sal baie van hulle skryf!

Saturday 20 November 2021

soos 'n hond

ek wil soos 'n lieftallige hond
aan almal se voete en bene snuffel
hier en daar opspring en gesigte uitbundig natlek
dan met my vier lawwe pote 
wil ek rats en verspot in 
skietende sirkels rondpyl van ekstase
gras blomme potte tafels katte stoele laat spaander die lug in
en dan salig en tevrede by jou voete neerval

Friday 19 November 2021

hoekom is rare en ware digkuns so glibberig en ontwykend?

ek gaan kniel by die orakel van stilte
daar sal ek die antwoord kry

volmaan en vyeboom

ek skryf my verspotheid weg
ek skryf my vertwyfeling weg
ek skryf my onvanpaslikheid weg

ek gaan lê onder die vol maan
tiep my kop onderstebo
sodat ek die reuse vyeboom
met sy wortelbene in die lug sien tol

met die omtalie
hop die maan tot op my neus
my bonsende hart verstil
my tong lê laag in my mond
my oë rol agteroor

kom slaap 
kom sluimer diep in 
my maagwand vanaand

Thursday 18 November 2021

gretig

in mcgregor brand die digters 
se harte en tonge
soos kerse vanaand

so gretig om lig 
in die luisteraars
se ore
te kabbel

Tuesday 16 November 2021

lemoensonne

sodra ek die drie druppels lemoen-olie
in die diffuser gooi en die aan-knoppie druk
word die wêreld 'n salige plek

ek teug die sagte soet wolke diep deur my neusgate
ek wikkel my lyf met ekstra genoegdoening diep in my kombers
die geluksaligheid begin skyn soos lemoensonne in my drome

Sunday 14 November 2021

afbeen-kwikstertjie

die afbeen-kwikstertjie
straal baie meer poëtika 
uit in die wêreld 
as ek

Saturday 13 November 2021

wat ek sien

wat ek sien wanneer
ek dink aan my digterlike beperkinge:

1. katarakte

2. straitjacket

3. Titus Andronicus se dogter Lavinia

4. 'n huilende meer

5. traanlose huil

6. hardlywigheid

7. verstikkende pen

8. gat in my keel

9. amputasies

10.  muggies om 'n karkas

11. verbrande fynbos

Wednesday 10 November 2021

raining

it is raining in sandbaai
i watch how the raindrops 
glide down my bedroom window

oh how i desire to surrender and
fall untamed 
like the rain

Monday 8 November 2021

wens-fontein

twee verwaarloosde seuntjies lê plat op hulle mae
op die rand van die walvisstertfontein
in die ou hawe van hermanus
hulle arms lank uitgestrek na 
die bodem van die fontein
hulle wange trek skeef soos wat hulle
tuur en mik met gretige vingers na die paar 
sente wat daar onder lê
ek loop nader 
nuuskierig om te sien hoe baie hulle al uitgedelf het
ek sien net klomp brons munte
geen pakkie skyfies of peanuts kan mens daarmee koop
ek trek 'n R20 noot uit my beursie en gee dit vir hulle
hulle vat dit vol beloftes dat hulle dit tussen hulle sal deel
nie lank daarna gaan lê hulle weer plat op hulle mae
en duik die armpies deur die water
ah, 'n kind se wilskrag en toewyding as dit uit hulle eie lus kom!
hulle lyk so gelukkig daar met klere half-nat langs die fontein
die son vang die water en hulle tande
weerkaats die wense van al die honger harte die lug in

Saturday 6 November 2021

sus

sus my nek
sus my asem
sus my frons
sus my spiere
sus my hart
sus my kop

ek kom lê in die hangmat van my gedig
en sus my hele menswees
in die soele ritmika
wat koel winde om my wiegende ledemate vleg

Monday 1 November 2021

daarom is ek

wat sal gebeur wanneer ek nie meer water
met my vel of tong kan voel nie?
as ek eendag wakker word en my sin van water-sensasie
het oornag verdwyn?

dit is lewe se grootste gedig - 
water
en die aanraking 
insyfering 
indompeling 
daarvan

ons moet descartes ietwat aanpas:

ek voel water 
daarom
is ek