Monday 22 November 2021

ek sprei my hande oop

ek sprei my hande oop
gereed vir die magtige vers
om op my palms te land

                   onthou jy, ek het dit al vantevore gedoen

geen papier of skerm het ek nodig 
om my woord mee vas te vang
slegs die holtes van my hande - 
daar is genoeg lêplek 

geen helder lig wat my woorde sal verblind
geen hoekige snydende papierkante 
net my vlesige gloeiende hande
wat te bly raak wanneer die poësie 
binne hulle gebore word

No comments:

Post a Comment