Tuesday 23 November 2021

vloeibare naelstringe

dit is asof die seegolwe hier by loverscove in hermanus
voller lewendiger ontstuimiger is -
grootse woelende borste
van ‘n melkdraende mamma

ek spring al skreeuend
teen die golwe op
lag duik rys buite myself

o see, jou wonderlike ding!
wanneer jy my so uitstoot oor die strand
laat jy my eers vir ‘n oomblik uitstyg met jou golwe
oooooh al hierdie vloeibare naelstringe
wat my aan die aarde
die oseaan
en myself
laat behoort!

No comments:

Post a Comment