Wednesday 24 November 2021

voetsole en voetsiele

hoe mal is ek oor die gevoel in my voete
as hulle hulle staan so ferm staan
so diep in hulle spoor trap

my gunsteling oomblik is wanneer ek
iewers deur die loop van die dag
so spontaan en onverwags tot 
stilstand kom op die bol van een voet
en met 'n veerkragtige vonk fokus
al my lewensenergie in my voetsool

ek weet sonder twyfel my siel 
loop in en uit by my voete

No comments:

Post a Comment