Friday 19 November 2021

volmaan en vyeboom

ek skryf my verspotheid weg
ek skryf my vertwyfeling weg
ek skryf my onvanpaslikheid weg

ek gaan lê onder die vol maan
tiep my kop onderstebo
sodat ek die reuse vyeboom
met sy wortelbene in die lug sien tol

met die omtalie
hop die maan tot op my neus
my bonsende hart verstil
my tong lê laag in my mond
my oë rol agteroor

kom slaap 
kom sluimer diep in 
my maagwand vanaand

No comments:

Post a Comment