Saturday 27 November 2021

dieselfde ou deuntjie

kan ek kom skuiling soek
in die helder donkerte van die gedig?
ek het geen koplamp, kerse, maan of sterlig nodig
om my weg te sien 

agge nee!! verval sy alweer in die ars poetica-groef?!

is digkuns 
waarlik digkuns
as die digter óór die digkuns dig?
'n diepe wroeging oor hoe en waarom 
die digkuns spruit

wee, o wee, dieselfde ou deuntjie van
die self-reflekterende gedig:
alweer die arse poetica wat
in sy eie hol op kyk
en wonder vanwaar kom
al die kak vandaan?

No comments:

Post a Comment