Saturday 27 April 2019

too little or too much confidence

too little or too much confidence
challenge our mortal bones
that without shelter
will not survive

imagine
without sleep
we could not evolve
into the brightly instinctive beings
we are today
- it energises our curiosity

may our ancestors and 
descendants keep the hunger
from our selfish cells

oh the I is so acutely listening to 
all the tongues gathering in the togetherosity
leaving every moment 
to perfect the imperfections

remember not to drown in dutifulness
make time to float on
the cloud
of your well-deserved wisdom

Wednesday 24 April 2019

inkrul

inkrul in die teddiebeerhitte kom vind ek paar metafore 
wat my oggendtee sal wees en my tongkop sal verkwik 
ek haal diep asem sodat die suising in my ore sal bedaar 
en ek nie na die dowe toekoms hoef uit te sien nie 

ek hoor tibetaanse bakklanke is 
die beste geweer om tinnitus te keer 
dan begin ek sommer dadelik - nooi die singende bakke -
dit gee my rillingvel 

ek soek voortdurend die rillings 
dit is vir my die salwendste ding 
ril tot in die murgkern 
laat ek tril en ril tot in ewigheid 

maar voor ek agteroor lê moet ek my tongkop trein 
om uit haar hoekigheid te dink 
digter behoort met nugter en onnugterheid 
asemrowendheid te toor 

die dreun van die wiele hier op jeffreysbaai se strate 
wakker die angstigheid aan
rol die aand se reën met waaierende flirtasies oor die teer 
ouma rika, coreen en haar vyfmaande maelan slaap in die hierlangsekamer 

ek probeer om diep te asem en my hoesbors stil te hou 
die vredelike stilte is net te goed om te steur 
watter gedig sal ek hulle hierdie keer skryf? 
ek moet hulle epileptiese kat se naam inkanteer.. dit toor dalk iets op

die alewige wegvlug van rook en hoes
ek wonder hoe gaan ek hierdie gedig aanmekaar weef 
die gare moet jeffreysbaai se reën wees 
en die doek is ouma-grootjie se bonte laslappiekomberse 

die lig wat ek gaan nodig hê om my skryfwerk te sien 
is heldergeverfde leë plêstiek coke-bottels  
vir so bietjie naelbyt gaan krap ek in coreen se stephen king boeke 
om so bietjie ouderdomsbeperkende edge te gee 

wie glo in ouderdomsbeperking?! 
ons is vatbaar vir enige skokeffek tot 
in die lengte van ons dae 
moenie dink mens word ooit oud, wys of onskokbaar nie 

ek gaan snuffel in die koffiepot en 
bespiegel oor die betekenis van die lewe 
alweer gooi julle die deur oop 
daisies en hulle mamsters kan kom intrek

diep

ek het so diep gedink
dat ek aan die vernederende kant 
van vlakheid beland het

Thursday 18 April 2019

murg-werklikheid

ek wil hierdie oomblik
my murg-werklikheid verruil vir 
die liggaamlose vlietendheid van skaduwees
en die stramheid van my rug verkwansel vir
die vryvoetige spore op die sand
maak my rugstring vry van hierdie gewigtigheid
wat haar heeltyd afrem

meer as om 'n vry fokkin vrou te wees
wil ek 'n vry fokkin rug hê

Wednesday 3 April 2019

only the syllables of my tongue

i do not need petrol
metals coal
hammers nails
pipes or cement

only the syllables of my tongue
that have shaped over 
centuries and continents
to land right here in my mouth

i do not need anything more
my mouth is my factory and my trading post

the crane of my tongue
the pliable walls of my cheeks
the grinders of my teeth
the exhaust of my throat
the ventilation of my nose
and the proud arch of my palate
that oversees the whole pulsing production line

no greater poet’s joy!
with only this one mouth
i make my world come alive

Monday 1 April 2019

trekkrag

‘n mens dink dat om te skep 
– woord, beeld, klank –
is om met vloei
en harmonie
te werk

maar die waarlike impuls
– die  dryfkrag vir die skepping –
is om ‘n weerstand te genereer
‘n wrywing, ‘n konflik met realiteit
‘n stoeiery met banaliteit
‘n worsteling met normaliteit
‘n weersin in gryse een-dimensionaliteit

kreatiwiteit gly nie net uit die staanspoor
dit moet trekkrag hê:
vassuigend, vasstekend
vas geanker in ‘n hittige halsstarrigheid