Saturday 30 September 2017

die welgeluksalige gedig

die welgeluksalige gedig hurk 
vol deernis voor die digter se
newelagtige baarmoeder

is dit in hierdie wentelbaan
of 'n ander waar die onsegbare
proe soos manna en dou op die tong?

die verniksing van die dood
laat die taalvegters en 
narcissiste stom staan

die diverse navorsing laat 
geen meer plek 
vir die verbeelding

die gedigte moet maar 
in eie hulle eie protesoptogte 
marsjeer

'n fraksie van 'n lettergreep
sal my besete kop suiwer
daar is nie tyd vir oordadige metafore

of dit nou 
inheems of uitheems is 
maak nie saak

ons almal staan met honger longe
wat meer en meer 
in versugting verval

Friday 22 September 2017

friday afternoon

wanting to avoid the friday afternoon traffic
we take a shortcut through pinetown, durban
as our car jumps into a side road
my eye falls on a group of five men
sitting on the pavement
and with expert focus
rubbing body lotion over their hands and arms

men in a row
giving each other the bottle
 - the bottle of cream -
smiling because the weekend has arrived
reason to rub away the dryness

those few seconds i watch
this huddle of shining black skin
play off in front of me with such a lyrical slowness
enough time to foresee
the three stanzas that
will shape this poem

Wednesday 20 September 2017

gaps

everywhere just gaps

gaps                        e  v  e r  y    w    h   e    r      e
filled with inequities
and uncertainties
gaps overflowing with 
gasping yearnings to be filled
gaps of       alienation
gaps of   distrust
gaps of          mi  s und er  sta   n ding
gaps of          an noyan ce
gaps of unpeace
gaps of                          list   less ness
gaps of                nailbiting
gaps of                                              d ...i ...s..t.r.....a..c.t....i....o...n
gaps of  un poe try
gaps of    hung er
gaps of        no               interest
gaps of     discom   fiture
gaps of                      regret
gaps of        clue less ness
gaps of                          em  bar  rass   ment
gaps of                                              d e a d n e s s
gaps of                                confsuion
gaps of      grey    d i s  s  o l    u     t      i   o  n

gaps 
of  s t a   r   l  e   s  s  n  e   s    s

gaps                        e  v  e r  y    w    h   e    r      e

everywhere  

just 


                               gaps

Tuesday 19 September 2017

Koor-repetisie in Kwandengezi

ek en Sandile Mabaso - tenoor en koordirigent -
sit in ‘n taxi oppad na Kwandengezi
duskant Pinetown in KwaZulu-Natal
net voor ons vertrek klim twee dronk mans in
met die uurlange reis is ons getuies van
hulle onophoudelike  argument oor
wie die R10 taxi-fooi gaan betaal
die humor van die situasie smelt in
ons stil mondhoeke

hier sit ons - twee klassieke musici in
die geroesemoes van ‘n taxi
onderweg na ons repetisie
ons hardloop ‘n bietjie laat
Sandile stuur whatsapp boodskappe om
te laat weet ons is oppad
die Vusisizwe Choral Society in Kwandengezi
wag geduldig vir ons aankoms

ek is ietwat senuweeagtig
die Donizetti en Mozart wat ek ingeoefen het
is vinnig en daar is baie note

toe ons arriveer groet die koorlede ons met
soveel dekorum en dankbaarheid
ek het my kort pers rokkie aan
ek vermoed die koor het nie verwag dat
‘n vrou met sulke dun beentjies so kan klavier speel nie
moet ek byvoeg daar was nie ‘n klavier nie
wel ‘n keyboard sonder ‘n pedaal en staander
al is my konsentrasie intens
kry ek so lekker om te hoor hoe
die sterk stemme teen die mure bons

more het ons ‘n optrede in Pinetown se Metodiste kerk
en Sondag in die Tatham Kunsgallery in Pietermaritzburg
die opwinding sit hoog in almal se kele

die koor het geld ingesamel sodat ek
die volgende twee aande in
die Pinetown Bay Lodge kan oorslaap
‘n saligheid lê oor my toe ek
die aand in die bed klim
as ons maar net weet hoe gelukkig ons is
om in Afrika musiek te kan maak!

Saturday 16 September 2017

die winde daar buite

die winde daar buite krap 
my gemoed holderstebolder
vir hoeveel dae woed 
hierdie winde nou al?
die lug is dynserig van rook en stof

ek bly eerder in die huis
ek is in so 'n spektrale bui
dat as ek dit enigsins 
daar buite gaan waag
ek in 
een 
enkele 
soutkorrel
gaan verander


Friday 15 September 2017

oëverblindery

die oëverblindery van die digkuns
die pretensie van die woorde
die skynvertoon van die metafoor
die vermomde versreël goed geoefen
in die kuns van voorwendsels
die metrum en rymelary 
is net onderhandse tegnieke 
in die groot spel 
van verbale goëlery
foppery te vinde oraloor
hoe skeur ek my weg van 
die verdigsels wat 
so kort en kragtig
met my kop toor?

Thursday 14 September 2017

hart

die probleem met skryf is 
dat die vlak van skerm en papier 
waarop die digter skryf
sonder aar of hart is

net dooie 
oppervlakkige 
vlakkigheid

die kuns is om 'n hart in 
die papier te plant 

selfs 'n hart-chirurg
sal die taak uitdagend vind

Wednesday 13 September 2017

it will just be too much

exposure to a metaphor today
will just be too much
i can not stomach another rhyme or syllabic rhythm
i am overstimulated with poetic imagery

i crave a blank page

a blank brain

i can not stand digging metric holes in the paper
poetry is all too much for me today
i need a break

emptiness

silence

Monday 11 September 2017

Slaap

Slaap jou soete ding
vergewe my dat ek 
nie myself 
in totale oorgawe 
aan jou gee nie

ek huil omdat ek 
my geliefde Slaap so afskeep

my hart breek
hoe sal ek dit ooit
opmaak met jou my beminde Slaap?
wat kan ek doen om jou te oortuig
dat jy nog so 'n belangrike rol 
in my lewe speel?

asseblief Slaap, ek smeek jou
moenie weghardloop van my!

ek het jou nog so lief
ek wil nog al my jare
met jou deurbring
tot die Dood ons skei

Slaap, jy het dit seker al baie gehoor
maar ek belowe
dat ek meer tyd vir jou sal maak

Thursday 7 September 2017

Die digter is nie dood nie*

dankie Ingrid

Die digter is nie dood nie
die digter lig haar tong teen haar spoke
wat Twyfel huil huil die keel van afguns en nyd
in die kwatryne van die onsekerheid
Die digter lig haar tong teen haar verlede
in die parade van harlekyne en maskers
wat Twyfel huil huil die keel van onmin en verdriet
in die koeplet van haar kwesbaarheid

...

*gedig in wording

Tuesday 5 September 2017

rok

ek vat die tweetalige woordeboek
pluk die blaaie los
en maak vir my ‘n tweetalige rok
die verskillende pante kram ek aan mekaar
en voilà!
ek trek dit aan oor my gretige kop en arms
ek draai en tol uitbundig
totdat ek neerval in totale dronkenskap
en die volgende oggend dommel in
‘n wasige babel-aas

Monday 4 September 2017

die lakens frommel hulself op

die lakens frommel hulself op
in die hoeke van kamers
te verskrik om in aanraking te kom 
met die genadeloosheid
van ons ledemate 
ons kussings krimp weg
te bang om die rusplek vir 
ons onverbiddelikheid te wees

Sunday 3 September 2017

bell

my heart pulls
into the shape of
a bell

          i murmur a prayer
may we never become lazy with love and
never despise the urgency of the creative deed

i begin to ring from deep inside my chest
it trembles and shakes through all my muscles till my body
rises and chimes straight through the great skies

           wake up world, wake up!
           the new day breaks like a season of swallows
           in flight after the smell of summer

Saturday 2 September 2017

hierdie trane

met die ervaring van die verlies
het my hart, maag en
ander ingewandes
oë gegroei wat so 
viseraal die pyn
in die oog moet kyk
die oë in my kop is net nie genoeg nie
ek het nog oë nodig
wat moet help huil 
aan
al 
hierdie 
trane