die welgeluksalige gedig hurk
vol deernis voor die digter se
newelagtige baarmoeder
is dit in hierdie wentelbaan
of 'n ander waar die onsegbare
proe soos manna en dou op die tong?
die verniksing van die dood
laat die taalvegters en
narcissiste stom staan
die diverse navorsing laat
geen meer plek
vir die verbeelding
die gedigte moet maar
in eie hulle eie protesoptogte
marsjeer
'n fraksie van 'n lettergreep
sal my besete kop suiwer
daar is nie tyd vir oordadige metafore
of dit nou
inheems of uitheems is
maak nie saak
ons almal staan met honger longe
wat meer en meer
in versugting verval
No comments:
Post a Comment