die probleem met skryf is
dat die vlak van skerm en papier
waarop die digter skryf
sonder aar of hart is
net dooie
oppervlakkige
vlakkigheid
die kuns is om 'n hart in
die papier te plant
selfs 'n hart-chirurg
sal die taak uitdagend vind
No comments:
Post a Comment