Friday 24 June 2022

Nog twee Tankwa gedigte

net ek en kilometers klipland
laat die digkuns van klip
my wakker klap!

* * *

die stilte druk hard
teen my ore en lyf
ek druk my ore diep die vertes in
ek wil soveel van die niks 
deur my troebel holtes laat syfer
en suiwer

No comments:

Post a Comment