Thursday 2 June 2022

dig voort!

in my woord 
soek ek dikwels 
'n mooi akkoord
daai klinkende soort 
wat in die oor hoort
en omskep word 
in 'n rype vrugteboord 
en onverstoord 
enige gedagte van self-moord
wegwys na die poort 
van die vakansie-oord

bind die woord 
al singend om  
my stem-koord
en dig voort!

No comments:

Post a Comment