Sunday 19 June 2022

son

in die son is waar my vel sin maak
klip water wind gee 
my vel 'n gevoel van tuishoort
maar o, dit is die son 
wat die sintaksis van my sintuie herrangskik
en nuwe toortonnels uitdelf
en die oorlewingsdrang omskep na 
oorlewingslus

No comments:

Post a Comment