Monday 13 June 2022

seekat

i

soos ek klavier speel verander my vingers in
die pote van ‘n seekat
my vel flits kwiksilwerend in kleure wat
flambojant vlamme oor die klawers verf

ii

en skielik word my hart die pylende lyf van
die seekat wat oor jou vel
dartel en suier
suier
suier
die einste kleure en teksture van jou vel en
wese aanneem
ah as my hart jou seekat kon wees
sag en suierig in my liefde op jou sit
saamsmelt in jou lewensvorm
en niks of niemand my daar sal afpluk
en onder die vergrootglas van die wysneuse
oopspalk nie

No comments:

Post a Comment