Friday 17 June 2022

Scaramouche

my vers voel dikwels soos die flopnek Scaramouche
trots en parmantig wil sy haar kleure en sjarme afwys
maar dan kom Harlekyn en boks haar nek- en neuswerwels los
dat alle drome van digterlike transendering
uit haar oë spat en in die stof tot in die verdrietige nietigheid
w e g s y f e r

No comments:

Post a Comment