Tuesday 31 May 2022

onbeskryflik

my digkuns is so spontaan
dat ek nie eens die potlood hoef 
vas te hou vir die skrywersdaad nie

die poëtika rank lowerryk om die potlood
my vers neem die potlood in eie hand
en druk haarself uit
sonder menslike intervensie

suiwer onbeskryflike digkuns 
dwarrel deur die lug

menstong 
menshart 
staan opsy - 
julle sal net 
die poëtika
ver(d)raai

No comments:

Post a Comment