gevries in tyd staan hy teatraal in sy heroïese postuur
nes die houding van strutting superheros
op hulle reklame plakkate
skielik wapper 'n swart jas om
die skouers van die pen
groot stewels om sy voete
kyk hy my uit met oë wat
ver in die gedig se toekoms tuur
die fokus zoom in op die penpunt
so klein en dun
amper niksseggend in sy skraalheid
dit is uit daai einste punt waaruit
die allesseggende gravitas van
die poëtika met singende spiere aangehardloop kom
en die verwarde hart van die digter sal red
bly hande vashou met my penne
- die superheros van die digterlike hongersnood!
No comments:
Post a Comment