Wednesday 18 May 2022

rocksolidbodem van die Liefde

die gevoel van ons liefde
skyn deur my hart soos sonlig wat 
deur die laatmiddagsondeurdrenkte
seebamboeswoude pyl - 
hemels     penetrerend
asemrowend         bekorend

ek swem met verwonderende oë deur 
die bamboes van ons verrukking
seebamboes wat met soveel veerkragtigheid
die getye deurstaan en 
bly klou aan 
die rocksolidbodem van 
die Liefde

No comments:

Post a Comment