Sunday 22 May 2022

fluweel vlerke

ah woorde kan met sulke verleidelike fluweel vlerke
teen die binne wande van my mond stryk

met net ‘n paar subtiele kontorsies van lippe en tong
skep ons wonder-sillabes wat bekoor, verlei, vermaak

die toortonnel van die mond
die magiese grot
die kolkgat waar die woorde geslyp word
tot perfekte koeëls van klank wat
vaartbelyn die oorwande kwes

No comments:

Post a Comment