Saturday 14 May 2022

praat nie in metafore

die stem in die binnekamers van my siel
praat nie in metafore
metafore is oordrewe leuens
opgetofde leuens
skouspelagtige leuens
my ore hoef nie in ompaaie te luister nie

ontsluit my stywe kakebeen
ontkoppel my tong
my oordromme is gereed
om deur die onopgesmutkte di di di
digkuns
getref te word!

No comments:

Post a Comment