Monday 16 May 2022

ontdigtering

my hart tattoëer alewig poësie oor
die binne-kurwes van my ribbes
my hand is te onkundig om die lyne te vertaal
ag, komaan harts-ink!
verf deurdringende siklone deur my are
laat dit in wondermerke op my vel uitslaan
sodat die hele wêreld my ontdigtering kan sien!

No comments:

Post a Comment